Wagyu (bees)Die Wagyu (和牛Wagyū, letterlik "Japannese koei") is enige van vier Japannese vleisbeesrasse. Wagyubeeste word in verskeie gebiede van Japan onder die gebied se naam versprei. 'n Paar voorbeelde is Matsusaka-, Kobe-, Yonezawa-, Mishima-, Ōmi- en Sanda-beesvleis. GeskiedenisJapanDaar is vier rasse van die Wagyu: die Japannese swartbees (黒毛和種 Kuroge Washu), Japannese bruinbees (赤毛和種 Akage Washu of Akaushi), Japannese poenskop (無角和種 Mukaku Washu) en die Japannese korthoring (日本短角和種 Nihon Tankaku Washu).[1] Wagyu-beeste se genetiese eienskappe lewer beesvleis wat 'n hoër persentasie van omega-3 en omega-6 vetsure as tipiese beesvleis bevat. Die verhoogde marmering verhoog ook die verhouding van mono-onversadigde vette tot versadigde vette. Negentig persent van al die vetgemaakte beeste in Japan bestaan uit die Japannese swartbees.[2] Stamme van die Japannese swart sluit Tottori, Tajima, Shimane en Okayama in.[3] Japannese bruinbees, ook bekend as die Japannese rooibees, is die ander groot ras; stamme sluit in Kochi en Kumamoto. Japannese korthorings maak minder as een persent van alle beeste in Japan uit.[4] Die idee dat die praktyke soos om beeste te maseer of hulle bier te voer vir verbeterde vleiskwaliteit is 'n mite, die gevolg van 'n misverstand.[5] Verwysings
|