Kalenders
|
|
Die Brits-Duitse grens in Suidwes-Afrika
|
|
Die jaar 1884 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 84ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
Geboortes
- 1 Februarie – Jewgeni Zamjatin, 'n Russiese skrywer. († 1937).
- 9 Februarie – Doktor Carel Gerretson, Nederlandse skrywer, essayis, geskiedkundige en politikus († 1958).
- 16 Februarie – Robert J. Flaherty, Amerikaanse rolprentmaker en -regisseur († 1951).
- 24 Maart – Peter Debye, Amerikaanse chemikus en Nobelprys-wenner († 1966).
- 26 Maart – Wilhelm Backhaus, Duitse pianis en pedagoog († 1969).
- 27 Maart – James Cruze, rolprentakteur, regisseur en vervaardiger († 1942).
- 15 April – Reenen J. van Reenen, ’n Afrikaanse skrywer en besproeiings-ingenieur († 1935).
- 8 Mei – Harry S. Truman, Amerikaanse politikus en staatsman, President van die Verenigde State († 1972).
- 27 Mei – Max Brod, Oostenrykse skrywer, vertaler en komponis († 1968).
- 28 Mei – Edvard Beneš, Tsjeggo-Slowaakse president († 1948).
- 21 Junie – Claude Auchinleck, Britse veldmaarskalk († 1981).
- 23 Julie – Emil Jannings, Duitse/Oostenrykse en Amerikaanse akteur en die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het († 1950)
- 13 Augustus – Tobie Muller, NG predikant en Afrikaanse taalstryder († 1918).
- 6 September – Bob Loubser, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en politikus († 1962).
- 7 September – Lydia van Niekerk, die eerste Afrikaanse vrou wat 'n professor geword het op Stellenbosch († 1929)
- 8 Oktober – Walter von Reichenau, veldmaarskalk in die Duitse Leër († 1942).
- 10 Oktober – F. Bordewijk, Nederlandse skrywer van romans, novelle, toneelstukke, prosagedigte, parodieë en kritiek († 1965).
- 10 November – Jan van Nijlen, Vlaamse digter en essayis († 1965).
Sterftes
- 6 Januarie – Gregor Mendel, Oostenrykse Augustynse monnik, bioloog en ontdekker van die grondslag van die genetika (* 1822).
- 8 Februarie – Cetshwayo, koning van die Zoeloes (* c. 1826).
- 28 Maart – Prins Leopold, Hertog van Albany, seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk (* 1853).
- 29 Maart – Dr. Adrian Roux, tweede leraar van die NG Kerk wat in Suid-Afrika georden is (* 1812).
- 7 April – Maria Doolaeghe, Vlaamse skryfster (* 1803).
- 12 Mei – Bedřich Smetana, Tsjeggiese komponis (* 1824).
- 29 Mei – Sir Henry Bartle Frere, 'n Britse goewerneur aan die Kaapkolonie (* 1815).
- 30 Mei – Robert Godlonton, 'n pionier in die Kaapse koerantwese (* 1794).
- 10 Julie – Paul Morphy, Amerikaanse skaakspeler (* 1837).
- 14 Augustus – Arnoldus Pannevis, baanbreker van Afrikaans (* 1838).
- 10 Desember – Eduard Rüppell, Duitse natuurwetenskaplike en ontdekkingsreisiger in Afrika (* 1794).
Information related to 1884 |