Terugkeer van die Boereoorlog op die RMS Dunottar Castle, Julie 1900.[1] Van links na regs staan: Sir Byron Leighton, Claud Grenfel, maj. Frederick Russell Burnham, kapt. Gordon Forbes, Abe Bailey, volgende twee ongeïdentifiseerde, John Weston Brooke. Van links na regs sittend: maj. Bobby White, lord Downe, genl. sir Henry Edward Colville, maj. Harry White, maj. Joe Laycock, Winston Churchill, sir Charles Bentinck. Van links na regs sittend: ongeïdentifiseerde,kol. Maurice Gifford.
Hy bring sy kinderjare op Cradock in die Oos-Kaap deur, maar verhuis in 1896 na Johannesburg waar hy lid word van die Reform Committee en na die Jameson-inval word hy aangehou weens hoogverraad. Hy word vrygelaat nadat hy 'n boete van £2 000 betaal. In 1899 dien hy in die Anglo-Boereoorlog as inligtingsbeampte onder lord Roberts. In 1900 organiseer hy die S.A. Light Horse wat hy grotendeels self befonds. In 1902 word hy as lid van die Progressiewe Party verkies tot lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering vir Barkly-Wes.
In 1906 gaan hy na Engeland as lid van die Transvaalse Progressiewe Party om dié party se sienswyse oor die nuwe Transvaalse grondwet aan die Britse regering voor te lê. Hy dien van 1910 tot 1924 as lid van die Unie-Volksraad – en sterf in 1940 in Muizenberg op die Kaapse Skiereiland. Bailey het die herehuis Friedenheim in die toe nog eksklusiewe Johannesburgse buurt Belgravia ná die Driejarige Oorlog by die eiendomsontwikkelaar sir Julius Jeppe gekoop en moontlik daar gewoon tot die Transvaalse onderwysdepartement dit in 1916 gekoop het om as koshuis van die Hoër Seunskool Jeppe te dien.
Bronne
Abe Bailey - a complete South African. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, nr. 3, Januarie 1954.
Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad Bloemfontein Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.
Green, Eldred: 'n Skildery in ons Nasionale Kunsmuseum. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 25, nr. 4, Junie 1976
Verwysings
↑(en) "FinestHour"(pdf). Journal of the Churchill Center and Societies, Summer 2005. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2007. Besoek op 2 Augustus 2007.