African Heart CongressAfrican Heart Congress (AHC) is in Maart 2020 deur Moloko Mpolobosho in Ivory Park gestig. Die party is in Maart 2021 Maart geregistreer en het deelgeneem aan plaaslike verkiesings sonder om enige setels te wen.[1] Die AHC het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 deelgeneem,[2] en nasionaal 16 305 stemme gekry wat 0,1̬% van die stemme verteenwoordig. Die party het geen setels gewen nie. GeskiedenisDie AHC is in 2020 gestig deur 'n groep individue wat weggebreek het van die African National Congress (ANC).[3][4] Struktuur en samestellingDie AHC het 'n sentrale komitee onder leiding van Mpolobosho as die president, met 'n sekretaris-generaal en ander ampsdraers. Die party het 'n klein teenwoordigheid in 'n paar provinsies, met die meeste van sy steun van die Gauteng provinsie.[3] Ideologie en beleidDie AHC se ideologie is gesentreer rondom pan-Afrikanisme en sosialisme. Sy beleid fokus op ekonomiese bemagtiging, grondhervorming en sosiale geregtigheid.[3] Die AHC stel sy beleid as volgː
Kritiek en kontroversieDie AHC is gekritiseer vir sy gebrek aan duidelike beleid en sy vermeende opportunisme om van die ANC weg te breek. Sommige het ook Mpolobosho se leierskapstyl en die party se gebrek aan deursigtigheid in sy finansies en besluitnemingsprosesse bevraagteken.[3] Verwysings
|