Alba Bouwerprys vir KinderliteratuurDie Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur is ’n letterkundige prys wat sedert 1989 driejaarliks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken word aan die beste van die Afrikaanse letterkundige werk in die kategorie kinderliteratuur – dit wil sê die groep lesers vanaf sewe tot twaalf jaar – wat in die vorige drie kalenderjare gepubliseer is. Die Akademie hou die reg voor om geen wenners aan te wys nie. Wanneer ’n vertaalde werk en ’n oorspronklike werk van gelykstaande gehalte is, word voorkeur aan die oorspronklike werk verleen, maar wanneer twee of meer oorspronklike werk as gelykstaande beskou word, kan daar meer as een wenner in ’n jaar wees. Dieselfde skrywer mag die prys meer as een keer ontvang. Die prys is vernoem na die Suid-Afrikaanse kinderboekskryfster Alba Bouwer. Lys van wenners
BronVerwerk vanaf akademie.co.za Geargiveer 11 Desember 2008 op Wayback Machine. Verwysings
|