Droomwa
Droomwa is 'n outobiografiese jeugroman en probleemboek geskryf deur Barrie Hough.[1][2][3] Dit is in 1990 met die Silwer Sanlam-prys bekroon en is ook landwyd in skole voorgeskryf. Die boek deel die Alba Bouwer-prys vir kinderlektuur met Braam en die engel deur Marietjie de Jongh en verower die C.P. Hoogenhout-toekenning vir die beste Afrikaanse kinderboek[4] in 1992.[5][6] Droomwa is ook gekies vir die Proudly South African: 100 Representative Children's Books-uitstalling.[7] Die boek handel oor 'n standerdvyfseun, Paul van Zyl, die jongste van drie kinders, wat die afsterwe van sy pa moet verwerk, verantwoordelikheid aanvaar en sy eie droom moet aangryp. Karakters
IntrigeDie verhaal word uit die agternaperspektief vertel. Dit handel oor die Van Zyls-gesin wat hul pa aan die dood afgestaan het. Paul van Zyl, die jongste van die drie seuns, kan nie die dood van sy pa maklik aanvaar nie. Weens die skielike gebrek aan inkomste en omrede die versekering weier om uit te betaal word die Van Zyls gedwing om uit Aucklandpark na die California-woonstel 36, Hillbrow, Johannesburg, te verhuis. Die Buick word ten alle koste behou. In die wel en wee van Hillbrow en die alledaagse leer Paul vir Joseph ken, wat toenemend soos 'n vaderfiguur vir hom word. Paul vereenselwig en projekteer al sy verlange en die drome om soos sy pa te wees op die 1948 Buick Special, sy pa se droommotor. Sodoende bou hy 'n gelade kompleks rondom hierdie motor op. Paul het geen droom van sy eie nie; hy jaag bloot sy pa s'n na. Enigiemand buite die gesin wat "pa se motor" wil koop, hou 'n bedreiging vir Paul se droom en die herinneringe aan sy pa in. Hy raak ook ontsteld wanneer Pieter opmerk dat die Buick sy pa se droom was, dat dit tweedehands is, die Buick al amper twintig jaar oud is en reeds klein roeskolletjies het. Ondertussen verval sy ma terug in alkoholisme. Teen die einde van die verhaal het sy wel by Alkoholiste Anoniem aangesluit. Geld bly egter skaars en 'n Pierneef-skildery is reeds aan 'n afslaer verkoop. Om genoeg geld bymekaar te skraap om Cilliers se Springboktoer oorsee te befonds, word die Buick in November aan Joseph teen R600,00 verkoop. Uit ontsteltenis krap Paul die Buick. Uiteindelik ry Joseph en Paul na die Emmarentia-dam, 'n plek waar Paul en sy pa gehaltetyd deurgebring het. Hier kry Paul die kans om in die motor oor sy pa se dood, sy ma se alkoholisme, Pieter se gesteelde foto en hul afwesigheid tydens Cilliers se Suid-Afrikaanse rekordbreking te treur. En omdat hy Joseph seergemaak het. Joseph sê dan: "Die krap op die Buick, ek kan hom laat regmaak, Paul. Maar die krap op jou hart, hy gaan nog lank bloei". As outobiografiese fiksieIn 'n literêre bydrae skryf Hough dat daar wel aanpassings in die boek gemaak is met betrekking tot sy eie lewe:[8]
In 'n huldeblyk kom aan die lig sy pa was ’n huurmotorbestuurder en sy ma ’n teatersuster en later ’n woonstelopsigter.[9] Hough skryf dat 'n skrywer dikwels ander skrywers se werke gebruik wat hy self gelees het. Hough se liefde wat boeke en literêre werke betref, het begin nog lank voor hy kon lees: daar was 'n stel groen ensiklopedies met foto's wat 'n indruk op hom gemaak het. Beelde van die seelewe het 'n tipe bekoring vir hom ingehou; hy het 'n voorliefde gehad vir die geheimsinnigheid en gevaar van die lewe onderwater. In een van die ensiklopedies het 'n volbladfoto gepryk van 'n haai wat sent chills down my spine. Up to this day I still have a penchant for stories and films about marine life. I also have a laughable phobia – fear of swimming alone in a swimming pool, especially at night. Almost automatically I check that nothing predatorial is following me.[8] Van die elemente wat in Droomwa voorkom, dateer wel eers heelwat later:[8] The thematic core of Droomwa, however, was shaped much later – by my experience of Robert Altman's film Three Women, Ariel's song in Shakespeare's play The Tempest, and Athol Fugards Master Harold... and the boys . In Droomwa verander Paul se oorlede pa in Joseph deur 'n spesifieke beeltenis. Die medium van hierdie transformasie is water, wat spruit uit 'n idee toe Hough besig was om 'n essay te skryf oor Shakespeare se werk, The Tempest, tydens sy honneursjaar in die Anglistiek.[8] Ariel se lied,
het Hough bygebly. Veral die frase "sea-change". Hierdie seebeeld het hom herinner aan sy eie pa se akwarium, wat ook in die verhaal vermeld word.[8] Joseph word deur hierdie “sea-change” (seedroom) vir Paul 'n pa-figuur.[10][11] Paul se pa se verandering in Joseph begin in Hoofstuk 2, waar hy (die pa) en Paul na die visse kyk net voordat sy pa in 'n koma sterf. Die vormverandering vind hoofsaaklik in Paul se droom plaas. Hier droom hy dat hy in die Buick op die seebedding is. By hom is 'n mummieagtige figuur wat half-Pa en half-Joseph is. Die skepsel het pêreloë, die hande is dié van sy pa, maar die oorbelle dié van Joseph. Die skepsel beskerm hom teen die groot haai wat al om die Buick swem.[8] Beelde van die Egiptiese argeologie en godeleer, wat later ook in My kat word herfs gebruik sou word, het Hough as kind ook geïnteresseer: Some of my favourite pictures were of Egyptian archeaological treasures. The bust of Queen Nefertiti fascinated me, as did images of the cat goddess, Bast. Photographs of Egyptian mummies scared me deliciously, but not enough to stop me looking at them.[8] Die transformasie is daarmee 'n vermenging van Ariel se lied uit Hough se honneursjaar met beelde van die Egiptiese mummie en die foto van die haai uit die groen ensiklopedieë uit sy kinderjare. Die gebruik van water as transformasiemiddel word versterk deur Altman se Three Women, waarin 'n mistieke transformasieproses plaasvind,[8] soos te sien in die badtoneel: Sywurms het Hough as kind bekoor. Fugard gebruik hulle in People Are Living There en vind ook sodoende neerslag in Droomwa om die tema van gedaanteverwisseling en -verandering te versterk. Volgens Hough is dit een van die redes waarom die sywurms se verskillende stadia so breedvoerig in die boek omskryf word.[8] Uit Hough se The Cape Librarian-artikel, 'Die gebruik van metafoor in Droomwa', word vermeld: "Die verwysing na koningskap "hou diepliggend verband met die legende van die Visserkoning soos uitgebeeld in Jessie Watson se boek From Ritual to Romance en met Ariel se lied in "The Tempest".[12] OntvangsSoos reeds vermeld in die inleiding, het die boek drie toekennings ingepalm, onderskeidelik in 1990 en 1992. Die boek is ook vir skole voorgeskryf. Ten spyte van die oorwegend positiewe resensies en toekennings, word daar tog aangevoer dat die gestroopte soberheid in die inhoud lei tot die verskraling van die verhaal. Die voortdurende introspektiewe monoloë, veral ten opsigte van die herhalende simboliek rondom die vistenk oortuig nie: dit is onwaarskynlik dat 'n standerdvyfseun, soos by die byna surrealistiese belewing in hoofstuk 8, lang filosofiese bespiegelinge sal lewer. Daar is ook 'n paragraaf uit hierdie hoofstuk wat as agterbladteks verskyn en jong lesers kan ontmoedig om Droomwa dadelik te lees.[13] By die ontvangs van die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur in 1992 lewer Hough 'n pleitrede dat die literatuurgeskiedenisboeke, literatore en kunsjoernaliste nie neerbuigend teenoor kinder- en jeugboeke moet optree "in die teken van 'n belletristiese apartheid en snobisme" nie. Kinder- en jeugboeke mag nie as minderwaardig beskou word deur literatuurgeskiedenisskrywers en die media nie. Hy sê dan ook:[14]
Teen die winter van 2003 was die boek reeds agttien keer herdruk,[15] en teen Augustus 2004 twintig keer.[7] Verhandelings ter bespreking
Verwysings
|