Die Astute-klasduikboot is die nuutste kernaangedrewe klas duikbote van die Britse Vloot. Dié klas is ontwerp om die Swiftsure-klas te vervang. 'n Begroting van £6 miljoen is in 1991 goedgekeur en 'n tender is uitgereik vir die bou van drie duikbote. Na ses jaar is die kontrak aan GEC-Marconi (tans BAE Systems) toegeken as primêre kontrakteur vir drie duikbote met die opsie vir nog twee.
HMS Astute, die eerste boot, se kiel is in Januarie 2000 gelê, toevallig met die honderdste verjaarsdag van die Britse duikbootvloot. Die klas is ontwerp om 'n multirol te speel, wat strek vanaf tradisionele duikbootdiens tot ondersteuning tydens anti-terrorisme optredes.
Hierdie klas is die grootste van alle Britse duikbote, toegerus met ses torpedobuise en Tomahawk landaanvalsmissiele. HMS Astute is te water gelaat in 2007 en in diens gestel in 2010. Twee ander duikbote is ook afgelewer: HMS Ambush en HMS Artful. Die bestelling het gegroei tot sewe duikbote.
Programkoste
Nasionale ouditkantoor: Major Projects Report 2015[1]
Verwagte koste tydens magtiging
Huidige beraming ter voltooiing
Verandering
Bote 1–3
£2.233 miljard
£3.536 miljard
Boot 4
£1.279 miljard
£1.492 miljard
Boot 5
£1.464 miljard
£1.420 miljard
Boot 6
£1.579 miljard
£1.533 miljard
Boot 7
£1.642 miljard
£1.640 miljard
Duikbote in die klas
Al die bote hieronder is deur BAE Systems Maritime – Submarines, te Barrow-in-Furness, gebou.
↑"Ministry of Defence Astute Class Submarines". parliament.uk (in Engels). UK Hansard. 29 April 2020. Besoek op 11 Mei 2020. HMS AUDACIOUS was commissioned into the Royal Navy on 3 April 2020