Bonaire
Bonaire (Nederlands: [boːˈnɛːr(ə)], ; Papiaments: Boneiru, [bʊˈne̝i̯ru]) is 'n Nederlandse eiland in die Karibiese See en behoort tot die ABC-eilande net noord van Venezuela. Tot in 2010 het Bonaire deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 10 Oktober 2010 'n besondere munisipaliteit binne Nederland.[5] ![]() Die amptelike taal is Nederlands; ander tale wat gepraat word is Papiaments (die volkstaal) en verder ook Spaans en Engels. Die hoofstad en grootste stad is Kralendijk. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 288 km² en het 'n bevolking van 22 573 in 2022 gehad. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die amptelike geldeenheid.[6] EtimologieDie woord "Bonaire" is glo ontleen aan die Caquetio-woord Bonay wat "lae land" beteken. Die vroeë Spaanse en Nederlandse koloniste het sy spelling in Bojnaj en Bonaire verander. Franse invloed, wat op verskillende tyde teenwoordig was, was nooit sterk genoeg om die aanname moontlik te maak dat die woord "goeie lug" beteken nie.[7] 'n Ander teorie is dat die naam van 'n Spaanse oorsprong is, aangesien die Spaanse die eerste Europeërs was wat hulle op die eiland gevestig het. Volgens dié teorie is die naam afgelei van buen aire ("goeie lug").[8][9] Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
|