Carel Greeff
Carel Greeff (* 20 Mei 1990) is ’n rugbyspeler wat vir die Cheetahs as flank speel in die Superrugbyreeks en vir die Griekwas[1] in die Curriebekerreeks. LoopbaanJeugGreeff het die Luiperds in 2006 by die Grant Khomo-week, in 2007 by die o/18 Akademieweek en in 2008 die o/18 Cravenweek verteenwoordig. In 2008 is hy gekies vir die Suid-Afrikaanse o/18 Elitespan na sy vertoning by die Cravenweek. Na sy skoolloopbaan het hy hom by die Natalse Haaie aangesluit en vir hulle in die o/19 Provinsiale Kampioenskap uitgedraf. Goue LeeusIn 2011 het Greeff sy eersterangse debuut vir die Goue Leeus gemaak in ’n vrienskaplike wedstryd teen die Valke voor die aanvang van die 2011 Curriebeker Premierafdeling.[2] Hy het egter nooit in die toernooi self gespeel nie maar het die Goue Leeus se o/21-span in die Provinsiale Kampioenskap in twaalf wedstryde verteenwoordig. Varsity RugbyGreeff het in die 2013 Varsitybeker vir die Universiteit van die Witwatersrand gespeel en vyf drieë in sewe wedstryde gedruk[3] en was die gesamentlike voorste driedrukker in die toernooi. GriekwasVoor die 2013 Curriebekerseisoen het Greeff hom by die Griekwas aangesluit. Hy het sy debuut aldaar in die eerste wedstryd van die seisoen teen die Natalse Haaie gemaak.[4] Hy het ’n drie in beseringstyd gedruk om die telling gelykop te maak met 30 elk waarna die drie verdoel is vir ’n oorwinning deur die Griekwas.[5] CheetahsIn 2014 is Greeff in die Cheetahs se groep vir die Ruperrugbyseisoen ingesluit. Hy was op die plaasvervangerbank vir die wedstryde teen die Western Force[6] en die Brumbies[7] maar het nie op die veld gegaan nie. Hy het egter sy Superrugbydebuut op 24 Mei gemaak toe hy as plaasvervanger teen die Stormers uitgedraf het.[8] Eksterne skakelsVerwysings
|