Chiefs (Superrugbyspan)
Die Chiefs (voorheen bekend as die Waikato Chiefs) is ’n Nieu-Seelandse rugbyspan wat as ’n konsessie sedert 1996 aan die Super 14 deelneem. Die konsessie sluit Waikato, Bay of Plenty, Noord-Manawatu-Wanganui in. Die spelers van Counties Manukau, Bay of Plenty en Waikato neem ook aan die ITM-beker deel terwyl spelers van Thamesvallei en King Country aan die Heartland-kampioenskap deelneem. Hulle tuisveld is die Waikatostadion in Hamilton. Die huidige kaptein van die span is Mils Muliaina GeskiedenisDie Chiefs-konsessie is in 1995 gestig vir die aanvang van die Super 12 in 1996. Die provinsiale span van Waikato het reeds voor 1996 aan die Super 10 deelgeneem. In die eerste seisoen van die kompetisie het die Chiefs sesde geëindig nadat hulle ses van hulle rondomtaliewedstryde gewen het. Die volgende seisoen het hulle egter heelwat swakker gedoen en elfde geëindig. In 1998 het die Chiefs weer beter gevaar en aan die einde van die rondomtalietoernooi was hulle sewende op die punteleër. In 1999 het die Chiefs nog beter gevaar en weer die sesde plek ingeneem. In 2000 het die Chiefs weer teleurgestel met drie seges en ’n tiende plek aan die einde van die seisoen. Die volgende seisoen het die Chiefs weer verbeter en die seisoen afgesluit met ’n sesde plek aan die einde van die seisoen. In 2002 het hulle egter weer teruggesak na die agtste plek nadat hulle slegs 4 rondomtaliewedstryde kon wen en in die seisoen daarna het hulle nog verder teruggesak na die tiende plek op die punteleër. Die seisoen van 2004 was weer ’n goeie een vir die Chiefs. Hulle het sewe van die rondomtaliewedstryde gewen en deurgedring na die uitspeelrondes na ’n vierde plek op die punteleër. Hulle het in hul eerste halfeindronde teen die Brumbies verloor met 32 - 17. In die laaste seisoen van die Super 12 het die Chiefs weer die sesde plek op die punteleër ingeneem. In 2006 is die kompetisie uitgebrei na 14 spanne met die toevoeging van die Western Force van Australië en die Cheetahs van Suid-Afrika. Die Chiefs het in 2006 weer ’n middelmatige seisoen gehad en was na die laaste ronde in die sewende plek op die punteleër. Die seisoene van 2007 en 2008 was soortgelyk aan die 2006-seisoen met ’n sesde plek in 2007 en ’n sewende plek in 2008. In 2009 het die Chiefs egter baie beter gevaar en na 9 seges het hulle tweede op die punteleër geëindig. Dit het beteken dat hulle vir die tweede keer in die geskiedenis van superrugby na die uitspeelrondes deurgedring het. Hulle het teen die Hurricanes in Hamilton gespeel en met 14 - 10 gewen. Hulle was vir die eerste keer in die eindronde van die kompetisie. Dit het beteken dat hulle na Pretoria moes reis om teen die Bulls te gaan speel. Hulle is egter ’n rugbyles geleer en het die eindronde met 61 - 17 voor ’n volgepakte Loftus Versfeld verloor. In 2012 het die Chiefs bo-aan die Nieu-Seelandse groep geëindig en vir ’n tuishalfeindstryd gekwalifiseer. Hulle het in daardei wedstryd met 20 – 17 teen die Crusaders gewen. Gevolglik kon hulle die eindstryd in Hamilton aanbied. Die eindstryd was teen die Sharks waar die Chiefs gemaklik met 37 – 6 gewen het. In die 2012-seisoen is baie nuwe spanrekords opgestel insluitend die meeste oorwinnings op hul tuisveld, die meeste agtereenvolgende oorwinnings op hul tuisveld, die meeste agtereenvolgende oorwinnings in ’n seisoen en die meeste punte en drieë aangeteken in ’n seisoen.[2] KonsessiegebiedDie span verteenwoordig die Counties Manukau, Waikato, Thamesvallei, King Country en Bay of Plenty se rugbyunies. Die Chiefs het aanvanklik bestaan uit die unies van North Harbour, Northland, Waikato, King Country en Bay of plenty omdat soveel All Blacks uit Auckland, North Harbour en Northland gekom het. Teen die einde van die 1990’s is die grense vir die konsessies geherdefinieer en is North Harbour en Northland deur die Blues oorgeneem in ruil vir Counties Manukau en Thamesvallei. SeisoenbepalingsSuper 12Die volgende tabel som die Chiefs se Super 12-uitslae op:[3]
Super 14Die volgende tabel som die Chiefs se Super 14-uitslae op:[3]
SuperrugbyDie volgende tabel som die Chiefs se Superrugby-uitslae op:
1 Punte toegeken vir ’n loslootjie is nie hierby ingereken nie. Die volgende tabel som die Chiefs se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:
Huidige spanChiefs 2017 Superrugbyspan
Afrigters: 1996 - Huidig
Kapteins: 1996 - Huidig
Notas en verwysings
Eksterne skakels
|