Douglas DC-4
Die Douglas DC-4 is 'n Amerikaanse viermotorige suierenjin, skroef aangedrewe passasiers vliegtuig wat deur die Douglas Aircraft Company ontwikkel is. Daar is ook militêre weergawes van die vliegtuig gebou, die Douglas C-54 Skymaster en R5D. Die militêre weergawes is in die Tweede Wêreldoorlog gebruik, het gehelp met die Berlynse Lugbrug en diens gedoen tot in die 1906's. Sedert 1945 het verskeie lugvaartmaatskappye die DC-4 bedryf. Ontwerp en ontwikkelingNa toetsvlugte deur United Airlines met die DC-4E, het dit duidelik geword dat die 52-sitplek vliegtuig te ondoeltreffend en onbetroubaar was om ekonomies te werk en rederye soos American Airlines, Eastern, Pan American, Trans World en United het 'n lys van verbeteringe van die ontwerp aangevra. Douglas het die nuwe vereistes geneem en 'n heeltemal nuwe, veel kleiner ontwerp, die DC-4A met 'n eenvoudiger romp wat steeds nie onder druk is nie, Pratt & Whitney R-2000 Twin Wasp-enjins, en 'n enkele rigtingroer en vin, geproduseer. Die driewiel onderstel was behou. Verwysings
Information related to Douglas DC-4 |