Duits-Suidwes-Afrika
Duits-Suidwes-Afrika (Duits: Deutsch-Südwestafrika, DSWA) was vanaf 1884 tot 1915 'n kolonie van die Duitse Keiserryk op die gebied van die hedendaagse Namibië. Met 'n oppervlakte van 835 100 km² was dit omstreeks 1,5-keer groter as die Duitse Keiserryk en die enigste Duitse kolonie waar 'n aansienlike kolonisasie deur Duitsers plaasgevind het. Op 1 Julie 1890 is die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag" tussen die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken. Daarmee het Helgoland en die Kaprivistrook deel van die Duitse Keiserryk geword, terwyl Wituland (hede in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf is. Tydens die Suidwes-Afrika-veldtog is Duits-Suidwes-Afrika in 1915 deur Geallieerde troepe van die Unie van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk verower. Ná die einde van die Eerste Wêreldoorlog het Suidwes-Afrika as gevolg van die Verdrag van Versailles 'n Volkebondmandaat van Suid-Afrika geword. Die gebied het ná die einde van die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog in 1990 as Namibië onafhanklik geword. Goewerneurs
Vlae en wapens
Sien ookBronne
Eksterne skakels
|