Gaborone (Gaberones tot 1969; Tswana: [χabʊˈrʊnɛ]; Engels: [ˌɡæbəˈroʊniː]) is die hoofstad en grootste stad van Botswana. Dié stad het 'n bevolking van 231 626 in 2011 gehad (10% van Botswana se bevolking) en beslaan 'n oppervlakte van 169 km². Die stad is in 1964 as beplande stad gestig en dié stad se eerste burgemeester was J. D. Jones. Dit is na Kgosi Gaborone, 'n Botswana-hoofman, genoem.
In 1890 het Cecil John Rhodes Gaberones gekies om 'n koloniale fort te huisves.[6] In die fort het Cecil John Rhodes die Jameson-inval beplan.[7]
In 1965 is die hoofstad van die Betsjoeanaland-protektoraat van Mafeking ná Gaberones verskuif. Oorspronklik is Lobatse as nuwe hoofstad vir 'n onafhanklike Botswana voorgestel, maar weens sy nabyheid aan 'n varswaterbron, sy ligging aan die spoorlyn na Pretoria, sy sentrale ligging tussen die plaaslike stamme en sy gebrek aan assosiasie met die omliggende stamme is Gaborone as hoofstad gekies.[8] Die stad se naam is in 1969 van Gaberones tot Gaborone verander.[9]
Gaborone dien as politieke en ekonomiese hoofstad van Botswana met talle maatskappye wat hul setels in die stad het. Die Botswana-aandelebeurs is hier geleë. Dit vorm sy eie distrik, maar dien ook as hoofstad van die omliggende Suidoosdistrik. In dié stad is die parlement van Botswana en dié land se belangrikste lughawe, die Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe, geleë. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se hoofkwartier is ook hier geleë.[10]
Gaborone is in die suidooste van Botswana aan die Notwanerivier sowat 15 km noordwes van die grens tussen Suid-Afrika en Botswana geleë.[8] Die plaaslike bevolking verwys dikwels na die stad as Gabs.[11] Naas Setswana en Engels, Botswana se twee amptelike tale, word in Gaborone nog ander tale soos Kalanga en Kgalagadi gebesig.
↑(en) Parsons, Neil (19 Augustus 1999). "Botswana History Page 7: Geography". Botswana History Pages. Gaborone, Botswana: University of Botswana History Department. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 4 Augustus 2009.
↑(en) "BOTSWANA STATISTICAL YEAR BOOK 2010"(PDF). Statistics Botswana. Gaborone: Central Statistics Office. Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Desember 2013. Besoek op 25 Februarie 2012.
↑(en) "Regions Given New Spelling". Spokane Daily Chronicle. Spokane, Washington, USA. Associated Press. 22 Desember 1969. p. 11. Besoek op 11 Julie 2010.
↑(en) Njeru, Purity (2009). "History of Gaborone". Nairobi, Kenya: The African Executive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 4 Augustus 2009.
↑(en) Mooketsi, Lekopanye (1 April 2009). "Chinese firms to build massive industrial park". Mmegi. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2012. Besoek op 3 Augustus 2010. The last event was the signing ceremony for a twinning arrangement between Zhejiang Province and the Gaborone City Council.