Accra
Accra is die hoofstad en grootste stad van Ghana met 'n geskatte stedelike bevolking van 4,2 miljoen in 2020 en 'n oppervlakte van 173 km².[1] Dit is Ghana se grootste stad en die administratiewe, kommunikasie-, en ekonomiese middelpunt van Ghana. Die primêre ekonomiese aktiwiteite is finansiële en regeringsdienste, kommunikasie, konstruksie, vervoer en landbou (veral visserye). Meer as 70% van Ghana se vervaardigingskapasiteit is in die hoofstad. Die stad Accra is die hoofstad van Ghana sedert 1877, en bevat openbare geboue wat die oorgang van 'n negentiende-eeuse voorstad van Victoriasborg tot die moderne metropolis wat dit vandag is weerspieël. EtimologieDie woord Accra is afgelei van die Akan-woord 'Nkran' wat beteken 'miere', 'n verwysing na die talle miershope wat op die platteland rondom Accra gesien word.[2] As 'n kusstad is Accra kwesbaar vir die impak van klimaatsverandering en die styging in seevlak, met bevolkingsgroei wat toenemende druk op die kusgebiede plaas.[3] Verwysings
Eksterne skakels
Information related to Accra |