Die toernooi se formaat van 2009 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2013 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Engeland, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika en Indië het Sri Lanka geklop, waardeur Engeland en Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op Edgbaston in Birmingham het Indië die gasheer met vyf lopies (D/L-metode) verslaan en sodoende sy tweede Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2011, die T20I-wêreldbeker 2007 en die gedeelde titel met Sri Lanka tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Indië se vierde internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Dit sou oorspronklik die laaste Kampioenetrofee gewees het en in 2017 deur die Wêreldtoetskampioenskap vervang word,[3] maar in Januarie 2014 is dié plan herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is.[4]
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2013 aangewys.
Deelnemers
Die destydse agt beste spanne op die EDI-ranglys soos ses maande voor die toernooi het vir die Kampioenetrofee 2013 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die wedstrydskedule en groepe is op 21 Augustus 2012 bekend gemaak.[5]Bangladesj en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2013 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie.
Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2013 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied.
Die Kampioenetrofee 2013 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 6 Junie 2013 op Sophia Gardens in Cardiff, Wallis, met die openingswedstryd tussen Indië en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op Edgbaston in Birmingham, Engeland, op 23 Junie met die eindstryd tussen Engeland en Indië, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofee 2009 gebruik.
Kalender
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2013 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Die Kampioenetrofee 2013 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Suid-Afrika wen met 67 lopies Edgbaston, Birmingham Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Hashim Amla (RSA)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Engeland wen met sewe paaltjies The Oval, Londen Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus) Speler van die wedstryd: James Tredwell (Eng)
Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.