Kaokolandse swartkwasmuishond
Die Kaokolandse swartkwasmuishond (Galerella flavescens) is 'n muishond wat onder andere in die noorde en sentraal gedeeltes van Namibië voorkom. Die muishond is verwant aan die swartkwasmuishond en was voorheen bekend as die subspesie Galerella sanguinea nigrata. Kleur en bouDie muishond is slankgebou met 'n lang stert wat eindig in 'n swart punt. Wanneer hy beweeg word die stert in die lug opgekrul soos die van 'n leeu. Die soogdier is gespikkeld, donker rooibruin van kleur. Die mannetjie is effe groter as die wyfie. Die mannetjie kan tot 640 gram weeg en die wyfie tot 530 gram. HabitatDie muishond is 'n tipiese bosveldspesie maar kom ook voor in redelike operige dele waar daar genoeg skuiling is. Ander feiteHulle is daglewend en kom eers na sonop uit en is alleenlopers. Die muishond kan ook bome klim en as hy skrik versteen hy in sy spore. Hulle vreet hoofsaaklik termiete, kewers, sprinkane, miere, akkedisse, vrugte en muise. Die muishonde se natuurlike vyande is die rooijakkals, luiperd, leeu en sivet. Een tot twee kleintjies word vanaf Oktober tot Maart gebore en die verwagte lewensduur is ±8 jaar. Sien ook
Bron
Verwysings
|