Nege nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1992 deelgeneem: Die destydse agt toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1990-wenner Zimbabwe. Tydens die Krieketwêreldbeker 1992 is 39 wedstryde gespeel, waaronder 36 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Al die spanne het in een groep gespeel en elke span het een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan. ’n Soortgelyke formaat is later in die 2019-toernooi in Engeland aangewend en sal ook by die volgende Krieketwêreldbeker 2023 in Indië gebruik word.[3]
Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika en Pakistan het Nieu-Seeland geklop, voordat Pakistan die eindstryd op Melbourne-krieketveld in Melbourne teen Engeland met 22 lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Die verdedigende kampioen en medegasheer Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel en het daarmee die eerste gasheerland en verdedigende kampioen in die Krieketwêreldbekergeskiedenis geword wat nie tot die uitklopfase deurgedring het nie. Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat twee spanne in die eindwedstryd ontmoet wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Nadat Suid-Afrika ná die einde van apartheid weer as toetsland by die Internasionale Krieketraad aangesluit het, het die Proteas vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbeker deelgeneem. Zimbabwe het vir ’n derde keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n vyfde keer verskyn het.
Die Krieketwêreldbeker 1992 was die eerste waartydens gekleurde spelertruie, wit krieketballe, sigskerms en spreiligte gebruik is. Die ingevoerde reënreël, wat die ou stelsel se probleme met reën sou oplos, is ná die toernooi as onsuksesvol beskou. Die hoofrede hiervoor was die halfeindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika.[4]
Toewysing
Die Krieketwêreldbeker 1992 is toegewys aan Australië en Nieu-Seeland, nadat die IKR die vorige Krieketwêreldbeker 1987 ondanks Engelse weerstand aan Indië en Pakistan toegeken en ná onderhandelinge ’n rotasiestelsel goedgekeur het.[5]
Deelnemers
Die volgende nege spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer: Australië (medegasheer), Engeland, Indië, Nieu-Seeland (medegasheer), Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKR-trofee 1990 teen Nederland te wen. Zimbabwe het ná dié toernooi ’n volle lid geword en hul eerste toetswedstryd later in 1992 gespeel. Vir die eerste keer het Suid-Afrika as die agtste volle lid van die IKR aan dié toernooi deelgeneem en hulle het hul eerste toetswedstryd ná 22 jaar teen Wes-Indië een maand ná die Krieketwêreldbeker 1992 gespeel.
Die Krieketwêreldbeker 1992 is oor 33 dae tussen nege verskillende spanne oor 39 wedstryde beslis. Dit het op 22 Februarie 1992 op Edenparkstadion in Auckland, Nieu-Seeland, met die openingswedstryd tussen die twee gashere Nieu-Seeland en Australië begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne, Australië, op 25 Maart met die eindstryd tussen Pakistan en Engeland, waartydens Pakistan die Benson & Hedges Wêreldbeker ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1992 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase Februarie/Maart
Sa 22
So 23
Ma 24
Di 25
Wo 26
Do 27
Vr 28
Sa 29
So 1
Ma 2
Di 3
Wo 4
Do 5
Vr 6
Sa 7
So 8
Ma 9
Di 10
Wo 11
Do 12
Vr 13
Sa 14
So 15
Ma 16
Di 17
Wo 18
Seremonies
OS
Groepfase
2
2
1
1
2
1
2
2
1
1
1
2
2
2
1
2
1
2
1
1
3
3
Uitklopfase Maart
Do 19
Vr 20
Sa 21
So 22
Ma 23
Di 24
Wo 25
Uitklopfase
1
1
1
Verklaring
Seremonies
Groepwedstryde
Uitklopfase
Eindstryd
Groepfase
Die Krieketwêreldbeker 1992 is deur nege nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die nege deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span agt wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van elf skeidsregters en twee wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.
Andy Flower (Zim) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
Dit is die destydse hoogste suksesvolle krieketwêreldbekerlopiejag en oortref Wes-Indië se 276 lopies teen Australië tydens die 1983-toernooi – later oortref deur Ierland teen Engeland tydens die 2011-toernooi.[7]
Ian Healy span Dean Jones (albei Aus) as ’n hardloper in nadat hy ’n dyspierbesering opgedoen het (118/5).
David Boon (Aus) hou paaltjie dwarsdeur die Suid-Afrikaanse kolfbeurt. Mark Waugh doen veldwerk pleks van Ian Healy (albei Aus) vir die hele kolfbeurt.
Dit is Suid-Afrika se eerste krieketwêreldbekeroorwinning.
Dit Suid-Afrika se laaste krieketwêreldbekeroorwinning oor Australië tot in die 2019-toernooi.[8]
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Die wedstryd is aanvanklik verkort tot 20 boulbeurte per span weens reën. ’n Helikopter is gebruik om die veld te droog, maar toe die spel begin het, het reën ingesak en die wedstryd is afgelas.
Onbeslis Adelaide-ovaal, Adelaide, Australië Skeidsregters: Steve Bucknor (WI) en Peter McConnell (Aus) Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Slegs agt boulbeurte van Engeland se kolfbeurt is gespeel voordat reën ingesak het.
Pakistan teken sy laagste telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan.[9]
Dit is ook die destyds laagste telling deur ’n toetsland in ’n krieketwêreldbekerwedstryd en oortref Engeland se rekord teen Australië tydens die 1975-toernooi – later oortref deur Bangladesj teen Wes-Indië tydens die 2011-toernooi.[10]
Nieu-Seeland wen met 48 lopies (teiken hersien) McLeanpark, Napier, Nieu-Seeland Skeidsregters: Karl Liebenberg (RSA) en Dooland Buultjens (SL) Speler van die wedstryd: Martin Crowe (NZ)
Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Nieu-Seeland se kolfbeurt is onderbreek by 9/1 (2.1 boulbeurte). Wedstryd verkort tot 35 boulbeurte per span. Verdere onderbreking by 52/2 (11.2 boulbeurte). Wedstryd verkort tot 24 boulbeurte per span. Kolfbeurte beëindig deur ’n derde onderbreking ná 20.5 boulbeurte. Zimbabwe het ’n teiken van 154 lopies in 18 boulbeurte aangeteken. (’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou ’n teiken van 150 lopies gestel het.)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Toe Pakistan op 74/2 in 21.3 boulbeurte was, het reën die speel vir ’n uur onderbreek en die teiken is hersien na 194 lopies in 36 boulbeurte. (’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou ’n teiken van 162 lopies gestel het.)
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Reën het die speel vir 43 minute onderbreek tydens Engeland se kolfbeurt toe hulle op 62/0 in 12.0 boulbeurte was. Die teiken is hersien na 226 lopies in 41 boulbeurte.
Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat Engeland tot die uitklopfase kon vorder.[11]
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Mark Greatbatch (NZ) is as ’n hardloper ingespan vir Martin Crowe (albei NZ) vanaf die kantel van die vierde paaltjie (en hy is uitgehardloop toe hy probeer het om ’n tweede lopie vir Crowe aan te teken.)
Engeland wen met 19 lopies (teiken hersien) Sydney-krieketveld, Sydney, Australië Bywoning: 35 010 Skeidsregters: Brian Aldridge (NZ) en Steve Randell (Aus) Speler van die wedstryd: Graeme Hick (Eng)
Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Reën onderbreek die spel voor die laaste bal in die 43ste boulbeurt. Suid-Afrika het toe 21 lopies uit 13 aflewerings vir ’n oorwinning benodig. Met twee verlore boulbeurte weens reën is die teiken verminder na 22 lopies met slegs een bal, dus 'n onhaalbare teiken.[12][13]
’n Duckworth-Lewis-Stern-berekening volgens die 2006-reëls sou vir Suid-Afrika eers ’n teiken van 273 lopies in 45 boulbeurte gestel het, en dit vervolgens tot 257 lopies uit 43 boulbeurte verminder.