Malcolm Marx
Malcolm Marx (gebore in Germiston, 13 Julie 1994) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat op haker vir die Goue Leeus in die Curriebeker en die Lions in Superrugby speel. Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die rugbywêreldbekertoernooie in 2019 en 2023. SpringbokloopbaanMarx is die eerste keer in die Springbokgroep vir die 2016 Rugbykampioenskap gekies. Hy het in 2016 drie verskynings vir sy land gemaak. Marx het op 17 September 2016 sy debuut vir die Springbokke gemaak, dieselfde datum as sy spanmaat Francois Louw se 50ste toets. Marx vervang die Springbokkaptein Adriaan Strauss in die 43ste minuut, maar het 'n teleurstellende debuut gehad, met Suid-Afrika wat met 13-41 teen Nieu-Seeland verloor het. Marx was ook ingesluit in die Springbokgroep vir 2017, waar hy baie goed gevaar het in die toetse teen die Franse.[1] Hy is egter in 2018 weggelaat weens 'n besering wat hy in Meimaand opgedoen het in 'n Superrugbywedstryd. Verwysings
Eksterne skakels
|