Moderne TeenpouseIn die moderne tyd is daar verskeie persone wat aanspraak maak op die pousskap en hoewel hulle nie tegnies aan die definisie van teenpous voldoen nie, word hulle tog as sulks in die media betitel. Gewoonlik behoort hulle tot sedevacatante-groeperinge wat aanneem dat die Stoel van Rome vakant is en dan iemand kies om die plek te vul. Hulle word ook konklaviste genoem omdat hulle baie keer deur 'n konklaaf van gelowiges verkies is. Petrus II is 'n geliefde pousnaam onder hulle weens die profesieë van St. Malachias wat verklaar dat Petrus II die laaste pous van die Rooms-Katolieke Kerk sou wees. ColliniteDie groepering uit Frankryk, gestig deur Michel Collin se aanvanklike naam was Die orde van die Moeder van God, maar staan tans bekend as die Apostels van Oneindige Liefde.
Die Palmariaanse Katolieke KerkDie Palmariane sien Pous Paulus VI en sy voorgangers as ware pouse. Hulle vereer Paulus VI as 'n martelaar. Hulle beweer op grond van mistiese verskynings dat die pous van Rome geëkskommunikeer is en dat die setel van die pousskap verskuif het na El Palmar de Troya in Spanje.
Ander
Verwysings
|