’n Ontwikkelde land of geïndustrialiseerde land is ’n soewereine staat met ’n hoogs ontwikkelde ekonomie en gevorderde tegnologiese infrastruktuur in vergelyking met ander lande. Die algemeenste kriteria om die graad van ekonomiese ontwikkeling te bepaal is die bruto binnelandse produk (BBP), bruto nasionale produk (BNP), per capita-inkomste, vlak van industrialisasie, mate van wydverspreide infrastruktuur en algemene lewenstandaard.[2] Dit is debatteerbaar watter kriteria gebruik moet word en watter lande as ontwikkel geklassifiseer kan word.
Die Verenigde Nasies (VN) se Menslike-ontwikkelingsindeks is ’n statistiese maatstaf wat ’n land se vlak van menslike ontwikkeling weergee. Terwyl daar ’n sterk verband is tussen ’n lande se MOI-telling en ’n vooruitstrewende enonomie, wys die VN daarop dat die MOI-tellings meer aandui as inkomste of produktiwiteit. Anders as BBP en per capita-inkomste, bring die MOI in berekening hoe inkomste verander word "in opvoedings- en gesondheidsgeleenthede en dus in hoër vlakke van menslike ontwikkeling".
Sedert 1990 het Noorweë (2001–2006, 2009–2013), Japan (1990–1991 en 1993), Kanada (1992 en 1994–2000) en Ysland (2007–2008) die hoogste MOI-telling gehad. Die top-47-lande het tellings van tussen 0,793 in Barbados en 0,955 in Noorweë gehad.
Baie "gevorderde ekonomieë" word gekenmerk deur ’n MOI-telling van 0,9 of hoër. Die laaste verslag is op 21 Maart 2017 gepubliseer.[5]
As nielid van die VN bereken die regering van Taiwan sy eie MOI, wat in 2011 ’n waarde van 0,882 gehad het.[6] Terwyl die MOI vir Hongkong deur die VN bereken word, geld dit nie vir Macau nie. Laasgenoemde se regering het die streek se MOI in 2011 as 0,868 bereken. Hierdie tellings plaas beide Taiwan en Macau gerieflik binne die lys lande met "baie hoë menslike ontwikkeling".[7]
Ander lyste van ontwikkelde lande
’n Paar instellings het lyste van ontwikkelde lande opgestel: Die VN (sy lys word hier bo vertoon), die CIA,[8] en ander.
Volgens die Wêreldbank word die volgense 78 lande en gebiede geklassifiseer as "hoëinkomste-ekonomieë".[14] Tussen hakies is die jaar/jare waarin hulle so geklassifiseer is sedert klassifisering in 1987 begin is.[15]
↑"2018 Human Development Report"(PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2019.
↑"2011中華民國人類發展指數 (HDI)"(PDF) (in Chinees). Directorate General of Budget, Accounting and Statistics, Executive Yuan, R.O.C. 2011. Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 21 November 2011.
↑"Archived copy" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2012. Besoek op 25 Januarie 2009.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)