Die Oscar-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Russiese Vloot wat kruisermissiele kan dra. Hulle was massiewe duikbote van oor die 14 000 ton en kan tot 304 m diep duik. Die bekendste duikboot in die klas is die Koersk wat op 12 Augustus 2000 gesink het na 'n ontploffing aan boord waarin 118 persone sterf. Die klas is ontwikkel om NAVO se groepe aan te val in oorlogstye en was die middelpunt van die Sowjetunie se planne vir ongeveer 25 jaar.
Hulle is toegerus met sterk en stabiele lug-tot-lug missiele; daar is 24 missiele aan boord in twee rye van twaalf elk. Die twee rye lê met 'n hoek van 40 grade van mekaar buite die 8,53 m drukromp. Die uitleg het tot gevolg dat daar 'n spasie van 3,5 m tussen die buite- en binnerompe is wat dié duikboot se breedte vergroot na 'n ongehoorde 18,19 m. Die positiewe gevolg van die ontwerp is dat die duikboot matige oorlogskade kan weerstaan.
Daar is ook ander ontwerpnuutjies vir die duikboot, die toring is gerond bo sodat dit maklik deur die ys kan breek met die twee periskope, radiosekstant en radarmaste wat kan terugtrek in die toring in. Dit beskik ook oor 'n drywende antennaboei wat gebruik word terwyl die duikboot diep onder die water is, sodoende kon radiokommunikasie, teikeninligting en satellietkommunikasie gehandhaaf word. Die duikboot het langer as normaalweg geneem om te duik, en was moeilik om te stuur op die oppervlak, maar kon tot 30 knope bereik.
Dit is bewapen met 24 SS-N-19 Granat (NAVO kodenaam Shipwreck) missiele wat 'n reikafstand van 550 km gehad het en kon 'n kernplofkop van 1 000 kg dra. Onder die START ooreenkoms was die kernplofkoppe met plofstof vervang. Die missielbuise het in pare gewerk met een luik wat twee missiele bedek het. Die torpedobuise kan beide torpedo's en kortstrek teen-skipmissiele vuur. Dit kon dus 24 verskillende wapens dra insluitende die Tipe 40 torpedo.
Dit was 'n Tipe 65 toetstorpedo (650 mm) aangedryf deur waterstofperoksied wat die oorsaak was van die ongeluk aanboord die Koersk. Die ontploffing is skynbaar veroorsaak deur hoogsvlambare peroksied wat in aanraking met paraffien en metaal gekom het.
6 x torpedobuise vir Tipe 45 torpedo's 24 lanseerbuise vir P-700 Granit kruismissiele[23]
Galery
Duidelik sigbaar is die luike gerangskik in die romp (weerskante van die toring), die openinge van die watervlerke (hier ingevou) asook die bult wat die reddingskapsule maak.