Reddersburg
Reddersburg is 'n dorp in die sentrale deel van die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is oos van Edenburg, wes van Dewetsdorp, en 60 km suid van Bloemfontein. GeskiedenisDie dorp het ontstaan as 'n Gereformeerde gemeente op die plaas Vlakfontein wat op 20 Augustus 1859 vir die doel aangekoop was vir ₤1 500. Die dorp is twee jaar later uitgelê en Reddersburg genoem - na die Heiland. In 1894 het die munisipaliteit die beheer van die dorp by die kerk oorgeneem. Die plaaslike NG gemeente is eers in 1910 gestig. DistrikDie distrik is 1 500 km2 groot en skaapboerdery is die belangrikste. Die N6 nasionale pad gaan deur die dorp. Tweede VryheidsoorlogGeneraal Christiaan de Wet het 'n hele Britse kolonne hier gevange geneem op 4 April 1900 nadat sy Britse eweknie William Forbes Gatacre traag was om te reageer. Noemenswaardige boorlinge
Sien ookBronne
Eksterne Skakels
|