Robert Mugabe
Robert Gabriel Mugabe (21 Februarie 1924 – 6 September 2019)[1][2] was 'n Zimbabwiese politikus. Hy was vanaf 1980 die staatshoof van Zimbabwe, eers as eerste minister en later as president. In die laaste jare van sy presidentskap is hy deur vele as 'n diktator beskou wat ter wille van magsbehoud die ekonomiese welsyn van die Zimbabwiese bevolking opgeoffer het. Mugabe is naby die destydse Fort Victoria (vandag Masvingo) gebore en het aan talle universiteite studeer, waaronder die Universiteit van Fort Hare in Suid-Afrika, asook in Accra, Ghana. Politieke loopbaanIn 1960 het hy na Suid-Rhodesië teruggekeer en 'n stigterslid van die ZANU-party geword. Vanaf 1964 het hy tien jaar in die tronk deurgebring. Daarna het hy Rhodesië verlaat en na Mosambiek gegaan om met die Zimbabwe African National Liberation Army (ZANLA, die militêre afdeling van die ZANU-party) teen Ian Smith se blanke regering van Rhodesië te veg. In die loop van dié konflik het die ZANLA ook wit boere se plase aangeval. Die uiteinde van die oorlog teen blank-Rhodesië was dat die land na Zimbabwe hernoem is en dat Robert Mugabe ná die eerste vrye verkiesing op 4 Maart 1980 Zimbabwe se eerste minister geword het. Daar word gesê dat hy in 1982 meer as 20 000 Ndebeles laat vermoor het, omdat hulle sy teenstander Joshua Nkomo ondersteun het. In 1987 is die amp van die eerste minister van Zimbabwe afgeskaf en het Mugabe die president van die land geword. Hy kon die verkiesings van 1990 met verreweg die meeste stemme wen, maar het hom begin radikaliseer. Later was sy regering 'n diktatuur en is hy deur ander partylede dikwels "koning" genoem. In reaksie op kritiek het hy by 'n staatsbegrafnis van een van sy kabinetsministers gesê:
Hy is verbied om na die Europese Unie te reis weens die erge skending van menseregte in sy land. Op 30 Januarie 2015 het hy president van die Afrika-unie geword en dié amp tot 30 Januarie 2016 beklee.[4] Sy bynaam was Uncle Bob.[5] Ná 'n de facto-staatsgreep het Mugabe op 21 November 2017 as staatshoof bedank[6] en van die openbare toneel verdwyn. DoodMugabe is weens swak gesondheid op 6 September 2019 in die ouderdom van 95 in Singapoer oorlede.[1] Lees ookVerwysings
Eksterne skakels
|