Rooikolmuskeljaatkat
Die rooikolmuskeljaatkat (Genetta maculata) kom voor aan die noordelike gebiede van Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek en die Okavangodelta in Botswana. Bou en kleurDie soogdier kan tot 3.2 kg swaar word en is wit of gryswit met roesbruin kolle, ringe en strepe. Die stert is donker met wit ringe. Van die skouers, al op die ruggraat langs tot by die stertbasis, is 'n strook donker hare. Daar is wit kolle onder die oë en die wange is ook wit; dit word geskei deur donkerbruin strepe vanuit die hoeke van die oë. Die ore is rond en regop. Die stert eindig in 'n swart punt en die ken is wit. Daar is geen opmerkbare verskille tussen die geslagte nie. HabitatDie diere verkies waterryke gebiede met genoeg onderbos en hulle vreet: rotte, muise, sprinkane, kewers, voëls, spinnekoppe, krieke en paddas. GewoontesRooikolmuskeljaatkatte loop gewoonlik alleen of soms in pare. Hulle is naglewend en kom na sononder uit. Hulle slaap bedags in ou erdvark- of springhaasgate of hol boomstamme. Hulle beweeg merendeels op die grond maar kan ook boomklim. Die dier kom nog buite bewaringsgebiede voor. Twee tot vyf kleintjies word na 'n dratyd van ±2 maande tussen Augustus en Maart gebore. Die lewensduur is ±13 jaar. Hulle natuurlike vyande is die luiperd, leeu en die luislang. Sien ook
Bron
Verwysings
Information related to Rooikolmuskeljaatkat |