Shaun Pollock
Shaun Pollock OIS (16 Julie 1973 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en kaptein van die Proteas. Pollock het saam met Allan Donald jare lank 'n indrukwekkende boul-vennootskap gevorm. Van 2000 tot 2003 was hy die kaptein van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003 en 2007, die T20I-wêreldbeker 2007, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004 en 2006 vir Suid-Afrika gespeel. Op 11 Januarie 2008 het hy sy aftrede van alle vorme van internasionale krieket aangekondig na sy 303ste Internasionale eendagwedstryd op 3 Februarie.[1] Hy doen nou vir SuperSport verslag oor Suid-Afrikaanse krieket. Shaun Pollock is in November 2021 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[2] Internasionale loopbaanBeginShaun Pollock se toetsloopbaan begin op 16 November 1995 teen Engeland op SuperSport-park in Centurion. Hy het uiteindelik in 108 toetswedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[3] KapteinskapNadat Hansie Cronjé uit krieket verban is, het Pollock as kaptein in April 2000 oorgeneem. Hy is vervang ná Suid-Afrika se swak vertoning in die 2003-krieketwêreldbeker. Alhoewel hy nie meer kaptein was nie, het hy sy plek in die span behou. Ná 'n teleurstellende toetsreeksreeks teen Australië in 2005/2006 was hy gekritiseer dat hy sy boulvermoë verloor het. Hy het die beste ekonomiese koers van enige bouler wat 300 EDI paaltjies geneem het,[4] en hy is ook die eerste Suid-Afrikaner en slegs die tiende speler om 400 toetspaaltjies te neem. In September 2007 is hy vir die eerste keer in sy loopbaan nie gekeur vir die Suid-Afrikaanse toetsspan nie.[5] Hy het die meeste paaltjies vir Suid-Afrika geneem in toetse totdat Dale Steyn hom op 26 Desember 2018 verbygesteek het. Hy het 421 toetspaaltjies geneem en 3 781 toetslopies in sy 108 toetswedstryde aangeteken.[5][6] Persoonlike lewePollock kom uit 'n familie van hoofsaaklik Skotse afkoms. Sy oupa aan vaderskant, Andrew Pollock, wat vir Oranje-Vrystaat gespeel het, is in Edinburg gebore.[7] Hy het by die Northwood-skool in Durban, KwaZulu-Natal, skoolgegaan. Hy is getroud met twee dogters. Sy vrou was 'n finalis in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie in die vroeë 90's en het vir 'n Suid-Afrikaanse telekommunikasiemaatskappy gewerk.[8] Hy neem geen sterk drank nie en is 'n toegewyde Christen.[9][10] Pollock is 'n gegradueerde van die Universiteit van Natal met 'n baccalaureusgraad in handel. Verwysings
Eksterne skakels
|