Herschelle Gibbs
Herschelle Herman Gibbs (gebore 23 Februarie 1974 Kaapstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het vir die Proteas gespeel, en alle vorme vir veertien jaar gespeel. 'n Regterarm kolwer, wat meestal die aanvangskolwer was, was die eerste speler om ses agtereenvolgende sesse te slaan in 'n Internasionale eendagwedstryd teen Nederland in die Krieketwêreldbeker 2007-toernooi. Voorheen het hy ook tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1999 en 2003, die Kampioenetrofeë in 2002, 2004, 2006 en 2009, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010 vir Suid-Afrika gespeel. Vroeë leweGibbs het skoolgegaan in Rondebosch. Hy was 'n goeie sportsman op skool en het rugby, krieket en sokker gespeel. Persoonlike leweOp 8 Junie 2007 het hy getrou in St Kitts met Tenielle Povey,[1] maar geskei kort daarna. Internasionale loopbaanGibbs het twee keer 200 geslaan in sy toetsloopbaan. Sy eerste was 211 (nie uit) teen Nieu-Seeland in 1999. Sy eerste keer het 468 balle gevat terwyl sy tweede keer was 228 vanaf 240 balle teen Pakistan op Nuwelandstadion, en het 'n nasionale rekord 368 gekry saam met Graeme Smith. Hy het nog twee 300 lopies gemaak met Steyn, die enigste twee in toetskriekte geskiedenis om 300 te kry op drie geleenthede.[2] Hy het ook die Suid-Afrikaanse rekord met Jacques Kallis vir 315*. StrydpunteIn 2001 is Gibbs beboet saam met verskeie spanmaats vir die gebruik van dagga op die Wes-Indiese Eilande.[3] Gibbs is berug vir sy betrokkenheid by die wedstrydbeslote-skandaal met die voormalige kaptein Hansie Cronjé. Hy het hom VS$ 15 000 aangebied om minder as 20 lopies te kry in die derde eendagwedstryd van die reeks. Gibbs het 74 lopies aangeteken. As gevolg hiervan is hy vir slegs ses maande verban. Hy het herhaaldelik geweier om Indië te toer en weier om met die Indiese polisie oor die saak te praat. Gibbs is egter in die Suid-Afrikaanse span aangewys om Indië in die 2006-ICC-kampioenskapsreeks te toer. Hy moes gevolglik met die Indiese Polisie vergader oor sy betrokkenheid by die wedstrydskandaal.[4] Verwysings
Eksterne skakels
|