Skipjack-klas duikbootDie Skipjack-klas duikboot was 'n reeks kernaangedrewe aanvalsduikbote van die Amerikaanse Vloot wat die voordele van kernkrag van die USS Nautilus met die voordele van die traandruppelontwerp van die USS Albacore gekombineer het. Die Skipjack's kon meer as 30 knope onder water haal en is ook deur slegs een skroef aangedryf. Daar is ses duikbote in die klas gebou en hulle was die vinnigste duikbote op daardie stadium. Hierdie klas is aangedryf deur die Westinghouse S5W-kernreaktor wat toe die Amerikaanse Vloot se standaardreaktor geword het. Die hidrovlerke wat tradisioneel op die boeg was, is na die toring geskuif. Dit het verseker dat geruis drasties verminder is by die sonar wat in die boeg geïnstalleer is. Die USS Scorpion is verleng met 39,6 m sodat dit ballistiese missiele kon dra. Sodoende is 'n nuwe klas duikboot geskep en die Scorpion is herdoop na die USS George Washington. 'n Tweede USS Scorpion is toe gebou. Al die duikbote (behalwe USS Scorpion wat vergaan het) is na hulle uitdiensstelling herwin via die Ship and Submarine Recycling Program. Die program is spesiaal vir ou kernaangedrewe skepe in Amerika ingestel, om die ongewensde storting van kernafval te beperk. Duikbote in die klas
Bron
Information related to Skipjack-klas duikboot |