Suriname
Suriname, amptelik die Republiek van Suriname (Nederlands: Republiek Suriname [ˌreːpyˈblik ˌsyːriˈnaːmə]), is 'n Suid-Amerikaanse republiek, geleë aan die noordooskus van die vasteland en grens in die ooste aan Frans-Guyana, in die weste aan (voormalige Britse) Guyana, in die suide aan Brasilië en in die noorde aan die Atlantiese Oseaan. Suriname is die kleinste onafhanklike staat in Suid-Amerika. Die land het, net soos Suid-Afrika, bande met Nederland wat van die koloniale geskiedenis dateer, hoewel Suriname tot 1954 'n Nederlandse kolonie gebly het. Die land het beduidende bevolkingsgroepe van Indiese en Maleise (Javaanse) afkoms. Suriname het grensgeskille met Guyana sowel as met Frans-Guyana. Die land beslaan 'n oppervlakte van 163 821 km² groot en het 'n kuslyn van 386 km. Geskiedenis![]() Aan die einde van die Tweede Engelse Oorlog in 1667 is daar, in die Verdrag van Breda, vasgelê dat die Nederlandse kolonie Nieu-Nederland (die huidige New York) geruil sou word met die destydse Brits-Guyana, 'n gebied wat ooreenstem met die huidige Suriname en Guyana. Die gebied het toe die sogenaamde Nederlands-Guyana geword. Nederlands-Guyana is in 1815 weereens verdeel in Suriname, wat in Nederlandse besit gebly het, en die huidige Guyana, wat 'n Britse kolonie geword het. In 1954 het Suriname semi-outonome status binne Koninkryksverband gekry. Op 25 November 1975 het Suriname onafhanklikheid verkry. Goewerneur Ferrier, premier Den Uyl en Koningin Juliana het die verdrag onderteken. Sedertdien is die amptelike benaming Republiek Suriname. 'n Militêre diktatuur, onder leiding van Desi Bouterse, het die land in die 1980's regeer, totdat demokrasie in 1988 hervestig is. Topografie en geologie![]() Die hoofstad van Suriname is Paramaribo. Nickerie, ten weste van Paramaribo, en Albina, wat aan die oostelike grensrivier (die Marowijne) geleë is, is aantreklike dorpe, hoewel Albina tydens die binnelandse oorlog so te sê geheel en al verwoes is en die opbou baie moeisaam verloop. Belangrike riviere is die Surinamerivier, die Coppename, die Tapanahoni, die Sipaliwini en die Corantyn, wat die grens met Guyana vorm. Alle riviere vloei van suid na noord. In die suidelike helfte van die land lê twee omvangryke bergreekse, die Oranjegebergte (Wilhelminagebergte) en die Eilerts de Haan-gebergte (vernoem na 'n Nederlandse ontdekkingsreisiger uit die 19de eeu). Die hoogste piek is die Julianatop (1230 meter). Die middelste gedeelte van Suriname bestaan uit 'n laaggroeinde bosland, wat deur houtkap hier en daar dreig om in savanne te verander. Die noordelike strook van 26 tot 100 km breed is moerasgebied. BevolkingOorsigSuriname is verdeel in 10 distrikte: Paramaribo, Nickerie, Coronie, Saramacca-distrik, Wanica-distrik, Commewijne, Marowijne, Brokopondo, Para en Sipaliwini. Die dunsbevolkte gebied is Coronie. In die eweneens dun-bevolkte gebied Para woon veral Javane en Kreole. Die meeste van die c. 434 000 (Julie 2001) inwoners woon in die noorde van die land, in die distrikte Paramaribo, Suriname (a) en Nickerie. Die Nederlandse sokkerster Ruud Gullit is van Surinaamse afkoms. Surinamers in NederlandOngeveer 350 000 Surinamers woon in Nederland, waarvan die meeste na die onafhanklikheid van Suriname, na die militêre staatsgreep van 1980, of na die Desember-moorde van 1982 uit Suriname gevlug het. Die meeste van hulle is met redelike sukses in die Nederlandse samelewing geïntegreer. Vir die Republiek van Suriname het hierdie uittog ewenwel 'n gevoelige nagevolg: onder die emigrante was baie geskoolde kaders en slegs 'n handjievol van hulle sou later terugkeer. Dit het 'n enorme remmende uitwerking op velerlei gebiede asook die algemene samelewing in Suriname gehad ('n sg. "brain drain"). Samestelling van die bevolking![]() ![]() ![]() Die Surinaamse bevolking bestaan uit 'n verskeidenheid etniese groepe:
Die bevolkingsgroepe het op kulturele, politieke en sosiale vlak weinig onderlinge assimilasie ondergaan. Dit is grotendeels 'n gevolg van die koloniale arbeidspolitiek, wat gerig was op die behoud van die plantasiestelsel. Veral die politieke toneel word sedert jaar en dag agter die skerms beheer deur 'n magstryd tussen die grootste bevolkingsgroepe, die Kreole, die Hindoestane en die Javane. Religieuse en etniese skeidslyne loop grootliks parallel. EkonomieSuriname is baie ryk aan natuurlike hulpbronnne en word op grond daarvan wel as sewentiende land op die lys van rykste lande geplaas. Die natuurlike hulpbronne omvat onder andere hout, bauxiet, goud en porseleinaarde (kaolien). Klein hoeveelhede nikkel, koper, platinum en ystererts word ook aangetref. Die grootste pilaar van die Surinaamse ekonomie is die myn van bauxiet deur Suralco en BHP Billiton by Moengo, nie ver van Albina af nie. Van die Surinaamse uitvoer kom 70% van bauxiet. Aanverwante industrie: aluinaardefabriek en aluminiumsmeltery (Billiton en Alcoa). Ten suide van Paramaribo het deur die aanleg van 'n stu-dam in die Surinamerivier die Prof. Dr. Ir. W.J. van Blommesteinmeer (tans die Brokopondostumeer) ontstaan; 'n hidroëlektriese kragsentrale gevoed deur die meer, lewer elektrisiteit, onder meer vir die produksie van aluminium. Bouonderneming: Alcoa. Andere takke van die ekonomie sluit in landbou en vissery, houtontginning (Bruynzeel) en handel. Landbouprodukte: rys, piesangs, palmsaad, kokosneute, grondboontjies, beesvleis, hoenders, bosprodukte, garnale. Uitvoer: onder meer rys, garnale, piesangs, palmolie, suiker. Invoer: Verbruikersgoedere, olieprodukte, voedingsmiddels, katoen, produksiemiddels. Geldeenheid: die Surinaamse dollar (=100 cent); code: SRD. Op 1 Januarie 2004 is die Surinaamse gulden as munteenheid vervang deur die Surinaamse dollar. Die koers is met 'n faktor duisend verminder. Duisend Surinaamse gulden het dus 1 Surinaamse dollar geword. 'n Eienaardige newe-effek is dat die ou muntgeld, wat deur die devaluasie nie meer gebruik word nie, opeens duisendvoudig in waarde vermeerder het. Natuur en klimaatSuriname het 'n tropiese reënwoudklimaat, met 'n groot en klein reëntyd en dit ken 'n groot verskeidenheid van flora en fauna. Die oorgrote deel van Suriname is nog altyd met oerwoud bedek. Dit is daarom 'n gewilde studieoord vir bioloë van oral uit die wêreld. Op die strand by Galibi word besondere seeskilpadbevolkings aangetref. Daar is bedreiginge vir die natuur, veral deur die ontbossing en deur verontreiniging as gevolg van kleinskaalse mynbou (by name goudwinning). Suriname het egter 'n lang geskiedenis van natuurbewaring en ook op die oomblik is daar verskillende organisasies aktief. Tale![]() In Suriname word twintig tale gepraat. Die amptelike taal is Nederlands. Hierdie Wes-Europese taal word deur sowat 60% van die totale bevolking as moedertaal gepraat. Hierdie aantal sal in die toekoms heel moontlik groei omrede Suriname 'n lid is van die Nederlandse Taalunie en Nederlands op skool en in die amptelike omgang gebruik word. Die res van die bevolking praat Nederlands as tweede of derde taal. Die lingua franca, Sranantongo (in die volksmond Sranan), word deesdae as volkstaal deur so te sê elke Surinamer gepraat. Dis 'n Engelsgebaseerde Kreooltaal. Volgens aantal sprekers is die belangrikste tale in Suriname:[5]
Ander tale (die aantal vermelde sprekers is 'n rowwe skatting):
GodsdiensChristendom, 48% (vernaamlik Evangelische Broedergemeente (ook: Moravische Broeders, Hernhutters, Zeister Zendingsgenootschap), Rooms-Katolisisme en verskeie Protestantse kerke en gemeentes); Hindoeïsme, 27,4% (Sanatan Dharm en Arya Samaj); Islam, 19,6% (Soenni en Amadhiya); verskeie gelowe (waaronder Judaïsme), 5%. OnderwysOnderwys is gratis en verpligtend vir kinders tussen 6 en 12 jaar. 93% van die totale bevolking kan lees en skryf. Suriname het sedert 1967 'n universiteit, die 'Anton de Kom Universiteit'. 'n Probleem is die kroniese tekort aan onderwys personeel, veral vir skole in die binneland. GesondheidsorgAcademisch Ziekenhuis Paramaribo. Probleme in gesondheidsorg is grotendeels te wyte aan 'n gebrek aan owerheidsgeld; aan die emigrasie van dokters en verpleegpersoneel; en aan die gebrekkige vervoerinfrastruktuur. Owerheid en politiek![]() ![]() ![]() Staatsvorm: grondwetlike demokrasie. Die grondwet dateer uit 30 September 1987. Normaalweg word eenkeer elke vyf jaar landelike parlementsverkiesings gehou. Suriname het 'n eenkamerparlement, die Nationale Assemblée. De Nationale Assemblée kies die president. Die ministerskabinet word deur die president saamgestel. In besonder gevalle kom die Volksvergadering byeen; dié bestaan uit 869 lede van alle vlakke van die bevolking. Die volgende verkiesing vind plaas op 25 Mei 2005. Staatshoof en regeringsleier sedert 2020 is Chan Santokhi. Adjunkpresident is Ronnie Brunswijk. Politieke partye wat deelneem aan die verkiesings in Mei 2000 en hulle setelaantal in die Nationale Assemblée (51 setels): Voormalige premiers en presidente: Jagernath Lachmon, Jopie Pengel, Jules Sedney, Johan Ferrier, Henck Arron, Henk Chin a Sen, Errol Alibux, Wim Udenhout, Radakishun, Shankar, Johan Kraag, Ronald Venetiaan, Jules Wijdenbosch. RegstelselDie regstelsel is gebaseer op die Nederlandse juridiese stelsel. VerdedigingSuriname beskik oor 'n Nasionale Weermag, wat tewens 'n beskeie vloot en lugmag omvat. Oproepbaar en opgelei: circa 70 000 man. Vir siviele ordehandhawing: die burgerlike polisie. MediaRadiostasies: 4 AM-stasies, 13 FM-stasies en 1 kortgolfstasie (sedert 1998). Vervoer
1 nasionale lugredery, die Surinaamse Luchtvaart Maatschappij (SLM)
Suriname besit die oorblyfsels van die voormalige Lawaspoorweg (enkelvoudige spoor) van Onverwacht na Brownsberg (oorspronklik van Paramaribo na Dam), wat sedert die 1980's nie meer in gebruik is nie, plus die spoorlyn van Apoera na die Bakhuisgebergte (100 kilometer 'van nêrens tot nêrens'), aangelê in 1976. Dit is nooit amptelik in gebruik geneem nie. So te sê al die rollende materiaal het verroes of andersins agteruitgegaan.
Verharde paaie: 1178 km (1996) Dit is die belangrikste vorm van vervoer in Suriname. Internasionale konflikte![]()
Bibliografie
Sien ookVerwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
|