Uitenhage
Uitenhage is 'n dorp digby Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, wat veral vir sy Volkswagenfabriek bekend is. Dié fabriek is 'n Suid-Afrikaanse dogtermaatskappy van die Duitse motorvervaardiger en die grootste op die vasteland van Afrika met sowat 20 000 werknemers. Geskiedenis![]() Die landdrosdistrik Uitenhage, is op 7 Februarie 1804 deur kommisaris-generaal Jacob Abraham de Mist per proklamasie as 5de distrik van die Kolonie van Graaff-Reinet afgestig. Op 25 April 1804 is kaptein Alberti, die kommandant van Fort Frederick, deur 'n "Publicatie" deur die goewerneur van die Kaapkolonie, Jan Willem Janssens, aangestel om die nuwe landdrosdistrik te bestuur en 'n geskikte woning vir die landdros van die distrik te vind. Kapt Jacob Cuyler is in 1806 gestuur om die pligte van Kapt Alberti oor te neem. Die goewerneur vernoem die dorp na die Kaapse kommissaris-generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist. Op 11 Junie 1841 het die munisipaliteit van Uitenhage tot stand gekom deur die publikasie van regulasies daarvoor in die Staatskoerant ("Government Gazette").[2] Op Uitenhage se markplein is 'n standbeeld van 'n Suid-Afrikaanse soldaat. Die standbeeld gedenk die vrywilligers uit Uitenhage wat tussen 1899 en 1902 in die Tweede Vryheidsoorlog geveg het. 'n Motorbuiteband is op 2 April 2015 oor die beeld gegooi en aan die brand gesteek.[3] DistrikDie distrik is 2 500 km² groot. Die belangrikste produkte wat verbou word is wol, sybokhaar, bees- en skaapvleis, sitrus en groente. Uitenhage het in 2001 saam met Port Elizabeth en Despatch deel geword van die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit. Noemenswaardige mense
Noemenswaardige diere
Sien ook
Nota: Afstande per teerpad gemeet[4] Verwysings
Eksterne skakels
Information related to Uitenhage |