Uzair Cassiem
Uzair Cassiem (* 17 Maart 1990, Strand) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Cheetahs, en in die Curriebeker vir die Vrystaat Cheetahs as losvoorspeler speel.[1][2] Cassiem het, voordat hy by die Vrystaat Cheetahs aangesluit het, vir die Goue Leeus, Valke en Pumas gespeel. In 2013 is hy by ’n Suid-Afrikaanse Presidente-XV ingesluit wat aan die 2013 Tbilisibeker van die IRR deelgeneem het;[3] die span het die toernooi gewen en het al hul wedstryde gewen.[4] Cassiem het twee drieë gedruk en was saam met twee ander spelers die topdriedrukker van die toernooi. Hy was ’n lid van die Pumas-span wat in 2015 vir die eerste keer die Vodacombeker gewen het toe hulle die Westelike Provinsie met 24–7 in die eindstryd geklop het.[5] Cassiem het in al tien wedstryde van daardie seisoen gespeel. Ten spyte daarvan dat Cassiem voor die aanvang van die 2016-seisoen ’n kontrak met die Griekwas geteken het,[6] is hy by die Cheetahs se oefengroep ingesluit[7] en is later aangekondig dat hy vir die duur van die 2016-seisoen in Bloemfontein sou wees.[8] Eksterne skakelsVerwysings
|