Verna Vels
Verna Vels (13 Junie 1933 – 21 Augustus 2014) was ’n Afrikaanse skryfster, radio-omroeper en storieverteller wat veral bekend was as die skepper en stem agter Liewe Heksie, ’n kinderprogram wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is. BiografieVerna Barbara Robertson Vels is op Reitz in die Vrystaat gebore waar sy haar skoolloopbaan voltooi het. Sy skryf in 1953 vir ’n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria in en voltooi haar studies in 1954 met drie hoofvakke in Afrikaans/Nederlands, Engels en Kunsgeskiedenis. Vels begin in 1954 by die SAUK se kantore in Durban as omroeper te werk. Sy het die draaiboek geskryf vir die rolprent Lag met Wena: ’n Afrikaanse Filmkonsert. Vir die res van haar professionele loopbaan was sy nou by die radio- en televisiewese betrokke gewees. Sy het Hennie Human na sy uittrede op 31 Desember 1982 by die SAUK opgevolg as direkteur van die destydse TV1 en het die eerste vrou geword wat tot die vlak van senior bestuurder bevorder is.[1] Sy was vir die laaste 12 jaar van haar lewe toesighoudende regisseur van 7de Laan.[2] Kort voor haar dood is borskanker by Vels gediagnoseer.[3] Sy is in haar slaap in haar huis in Johannesburg oorlede. ToekenningsSy is op 3 Februarie 2011 tydens kykNET se Fiestas vereer vir haar lewensbydrae tot die Afrikaanse woordkuns.[4] Die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur is in 2000 aan haar toegeken. Ander pryse wat haar toegeval het:
BoekeKinder- en jeugboeke wat sy geskryf het:
Stemme op TVVels was die stem agter die volgende TV-karakters:
Verwysings
|