Port St. Johns
Port St. Johns is 'n dorp aan die Wildekus van die Indiese Oseaan in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is geleë langs die mond van die Umzimvuburivier (Xhosa vir "Seekoeirivier"). Die dorp is 96 km oos van Mthatha. GeskiedenisDie naam van Port St. Johns is afgelei van die São João (St. Johannes) wat vergaan het naby Port Edward op 5 Junie 1552. Die eerste werklike aktiwiteit het in 1846 begin toe die Britse skoener Rosebud daarin kon slaag om oor die sandbank in die riviermond te gaan en in die rivier opgevaar het. In 1878 het die Britse regering beheer van die hawe oorgeneem na onderhandelings met die Pondohoofman Nqwiliso. Daar is handel gedryf met die Pondo's. Fort Harrison is later gebou vir beskerming. Gedurende 1964 is die Pondolandbrug gebou om toegang met die res van Transkei en KwaZulu-Natal te bied. Koffiebaai is 55 km suidwes van Port St. Johns.[2] DistrikDie distrik is 648 km2 groot. Die klimaat is subtropies. Mielies en vrugte soos papajas, lietsjies, piesangs, mango's en avokadopere word in die riviervallei gekweek. Daar is drie swemstrande en hengel is ook gewild. Klein bote kan 18 km in die rivier opvaar. Besienswaardighede
Fotogalery
Sien ookVerwysings
|