Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan of Bafana Bafana is Suid-Afrika se nasionale sokkerspan vir mans. Die span word deur die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging bestuur. Hulle keer in 1992 tot die wêreldarena terug nadat hulle vir jare deur FIFA verban was. Die vroue-sokkerspan se bynaam is die Banyana-Banyana.[1]
Bafana Bafana tydens 'n opwarmingswedstryd in 2008
Die span het die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in Junie 2010 aanbied nadat hulle die Konfederasiebeker suksesvol in 2009 aangebied het. Hiermee is hulle is die eerste Afrika-land wat geleentheid gegun is om die Wêreldbekertoernooi aan te bied. Bafana Bafana is egter in die groepfase uitgeskakel.
Die span behaal in Augustus 1996 die 16de plek op die FIFA-wêreldranglys, die hoogste posisie wat hulle beklee het. In Desember 1992 bereik hulle hul laagste plek met die 124de posisie op die wêreldranglys.
Die span word tans deur Hugo Broos afgerig.
Deelname aan die FIFA-Wêreldbeker
Suid-Afrika was tussen 1966–1974 uitgesluit van deelname. Tussen 1978 en 1990 was Suid-Afrika nie 'n FIFA-lid nie. In 1992 speel Suid-Afrika sy eerste Wêreldbeker kwalifikasie-wedstryd.
1957 · Gediskwalifiseer
1994 · Nie gekwalifiseer nie
1996 · Wenner
1998 · Tweede
2000 · Derde
2002 · Kwarteindrondte
2004 · Eerste ronde
2006 · Eerste ronde
2008 · Eerste ronde
2010 · Nie gekwalifiseer nie
2012 · Nie gekwalifiseer nie
2013 · Kwarteindrondte
2015 · Groepfase
2017 · Nie gekwalifiseer nie
2019 · Nog nie bekend nie
2021 · Nog nie bekend nie
Deelname aan die Afrika-kampioenskappe van Nasies
2009 · Nie gekwalifiseer nie
Deelname aan die COSAFA-beker
Suid-Afrika is een van die lande wat aan die COSAFA-beker deelneem.
1997 · Nie deelgeneem nie
1998 · Kwarteindstryd
1999 · Kwarteindstryd
2000 · Derde
2001 · Kwarteindstryd
2002 · Wenner
2003 · Kwarteindstryd
2004 · Eerste ronde
2005 · Derde