Venessa Schoeman
Venessa Schoeman (gebore 12 Januarie 1971, Welkom) is die redaktrise van die Suid-Afrikaanse vrouetydskrif, FINESSE en die handelsmerkdirekteur van Carpe Diem Media. AgtergrondSchoeman is op 12 Januarie 1971 in Welkom, Vrystaat, gebore as die dogter van twee entrepreneurs (Roelof en Estelle Viljoen). Sy het aan die Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging matrikuleer en daarna BSc Dieetkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) studeer. Nadat sy haar honneursgraad met lof verwerf het, het sy 'n nagraadse diploma in Dieetkunde gedoen deur die Universiteit van Pretoria ten einde te kan registreer as dieetkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika. LoopbaanIn 1994 het sy haar privaat dieetkundepraktyk in Vereeniging geopen. Kort daarna is sy getroud met Coenie Schoeman, en op 26 Desember 1996 is hulle tweeling JC en Chanté gebore. In 1997 sluit sy haar privaatpraktyk om voltyds betrokke te raak by haar man se uitgewery – Carpe Diem Boeke, en in Mei 1998 publiseer hulle die eerste uitgawe van die tydskrif FINESSE. Onder die redakteurskap van Maretha Maartens en later Liesel Krause-Wiid het sy die rol van assistentredakteur vervul en in 2004 die leisels oorgeneem as redakteur. Finesse Voelgoed tydskrifFINESSE was die eerste leefstyltydskrif wat vroue na liggaam en gees aangespreek het. Dit het steeds ten doel om Afrikaanssprekende Christenvroue te bemagtig en te inspireer om hulle beste self te wees – fisies, emosioneel en geestelik. As redakteur van die tydskrif was dit vir Venessa belangrik om die lesers se behoeftes aan te spreek en hulle te ontmoet op die platform waar hulle hulself bevind. Onder haar leiding is verskeie projekte ontwikkel onder andere:
Daarbenewens het die tydskrif uitgebrei na elektroniese formaat (e-FINESSE) 'n aktiewe webwerf voelgoed.co.za, aanlynwinkel (voelgoedwinkel.co.za) en deel dit ook inspirerende inhoud op sosiale mediaplatforms – Facebook, Instagram, Twitter en YouTube. In 2019 is Doen Goed gestig – dit is die liefdadigheidsbeen van FINESSE Voelgoed-tydskrif en word bestuur deur Chanté Schoeman, Coenie en Venessa se dogter. Hul seun JC is ook sedert 2019 voltyds by die besigheid betrokke en hanteer veral nuwe besigheidsontwikkeling. ToekenningsOnder leiding van Venessa se redakteurskap het FINESSE die volgende PICA toekennings van die Magazine Publishers Association of SA ontvang:
In 2012 het FINESSE saam met Revlon skoonheidsmaatskappy en Bertha le Roux-Wahl 'n Guinness Wêreldrekord gebreek vir die meeste lipstiffie aanwendings (535) binne 'n uur. FINESSE is ook in November 2019 aangewys as die Best Group Producer by die MSC All-Stars of the Sea toekenningsgeleentheid in Hamburg, Duitsland aan boord van die MSC Grandiosa. Op 22 Augustus 2019 het Solidariteit Helpende Hand se Vrouefonds Venessa vereer vir die spreekbuis wat sy aan vroue bied. Skryfwerk
Bronnelys
|