Weskus-distriksmunisipaliteit
Die Weskus-distriksmunisipaliteit is een van die 5 distriksmunisipaliteite van die Wes-Kaap. Die setel van die munisipaliteit is in Moorreesburg. Die meeste inwoners in die munisipale gebied is Afrikaanssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC1. GeografieBureDie munisipaliteit word begrens deur:
Plaaslike munisipaliteiteDie munisipaliteit bestaan uit die volgende plaaslike munisipaliteite:
WapenDie Weskus-streeksdiensteraad het in 1992 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer.[1] Sy opvolger, die Weskus-distriksraad het die wapen in 1996 herregistreer[1] en die se opvolger, die Weskus-distriksmunisipaliteit, het dit weer in 2002 op sy naam herregistreer.[1] Die wapen is : Verhoogd tweeling kepersgewys deursnede, blou en silwer, in die skildvoet 'n regopgeplaaste rooi kreef en in die skildhoof 'n silwer blomkelk van 'n vetplant, goud geknop, gestingel en geblaar; die skild oortop met 'n muurkroon met drie uitkomende torings, alles silwer. Die skildhouers is twee swartrugmeeue, en die wapenspreuk is Concordia res crescunt. DemografieDie volgende statistiek is van die sensus in 2001.
Geslag
Etniese groepering
Ouderdom
PolitiekVerkiesingsuitslaeVerkiesingsuitslae vir die munisipaliteit in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2009.
Sien ookVerwysingsEksterne skakels |