Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit
Drakenstein is 'n Wes-Kaapse Plaaslike Munisipaliteit waarvan die vernaamste dorpe die Paarl en Wellington in die Boland is. Dit val onder beheer van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit. Met 'n bevolking volgens die sensus van 2011 van 251 262 is Drakenstein die naasgrootste munisipaliteit in die provinsie. Die grootste bevolkingsgroep in daardie jaar was die bruines op 157 029, gevolg deur 56 963 swartes, 33 959 blankes en 998 Indiërs/Asiërs.[1] NedersettingsNedersettings in die munisipaliteit sluit in:
BesienswaardighedeDie Paarl en Wellington is albei geskiedkundig belangrike dorpe van Suid-Afrika. Vele bekende Suid-Afrikaners is hier gebore of het 'n lang tyd hier gewoon. In Wellington byvoorbeeld die digter Jan F.E. Cilliers, politikus genl. J.B.M. Hertzog skrywers Adam Small en Breyten Breytenbach, Voortrekkerleier Piet Retief, predikante di. Bernard Petrus Jacobus Marchand en George Stephanus Malan, Japie Hauptfleisch en die vegvlieënier Sailor Malan en in die Paarl Elsa Joubert, Chester Williams en Totius. OnderwysDrakenstein is een van die vernaamste opvoedkundige sentra in die land met roemryke skole soos die Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Jongenskool Paarl, Paarl Gimnasium, Hoër Meisieskool Paarl (almal in die Paarl) en Hugenote-Hoërskool (in Wellington). Die Bolandse afdeling van die Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en die Hugenote Kollege is ook in Wellington geleë. Verwysings
Information related to Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit |