Scotstoun-stadion
Scotstoun-stadion is ’n stadion in Glasgow, Skotland wat vir atletiek en rugby gebruik word. Glasgow Warriors gebruik sedert 2009 die stadion as oefenveld en sedert die 2012-’13-seisoen word hul tuiswedstryde daar gespeel.[2] Die stadion bied sitplek vir 9 708 rugbytoeskouers.[3] Tussen 2012 en 2015 is die Skotland-sewes[4] – die Skotse been van Wêreldrugby Sewesreeks – by die stadion aangebied, maar die been is in 2016 geskuif na Frankryk. GeskiedenisDie stadion het in 1915 as Scotstoun-skougronde, vir die eerste keer vir die publiek oopgemaak, nadat die area deur die Glasgow Landbougenootskap ontwikkel is as ’n vergaderplek vir landbouskoue. Kort daarna is dit vir sportgebeure gebruik en gevolglik is ’n hoofpaviljoen opgerig. Die fasiliteit is in 2008 opgeknap en is op 14 Januarie 2010 deur Prinses Anne geopen. OpknappingDeel van die opknapping was die bou van ’n splinternuwe moderne stadionfasiliteit met kantore, vergadersale, ’n binnenshuise naelloopbaan van 100 meter, die vernuwing van die atletiekbaan met die volgrootte rugbyveld in die binneveld. Die paviljoene is uitgebrei met die skep van ’n noordelike en suidelike paviljoen wat plek vir 5 000 toeskouers bied. In 2010 is voorts nuwe sintetiese oppervlaktes en rugby-oefenoppervlaktes toegevoeg. Die stadion het ook ’n krag- en kondisioneringsuite wat vir atlete ontwerp is. GebeureScotstoun-stadion is gebruik as oefenplek vir die 2014 Statebondspele en word dikwels gebruik vir premieratletiekbyeenkomste waar atlete van dwarsoor die Verenigde Koninkryk teenwoordig is. In 2009 het dit die oefenveld van die Glasgow Warriors geword[5] en in September 2012 het hulle die veld hul tuisgrond gemaak deur van Firhill-stadion te skuif.[6] Scotstoun-stadion het in Mei 2012 die Skotse been van die Wêreldrugby Sewesreeks gehuisves. Dit het voortgeduur totdat die been in 2016 na Frankryk verskuif is. Victoria Park City van Glasgow-atletiekklub oefen ook by Scotstoun.[7] Scotstoun-stadion het ook ’n eie gelukbringer, ScottieRoo, wat dikwels sy verskyning by spesiale gebeure en kinderpartytjies maak. Galery
Eksterne skakelsVerwysings
|