Die Vrystaatstadion (tans bekend as die Toyotastadion en vroeër bekend as Vodacompark weens borgskapredes) is ’n sportstadion in Bloemfontein wat vir rugby en sokker gebruik word. Dit bied sitplek aan 48 000 toeskouers. Dié stadion is in 2009 opgradeer met die oog op die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika . Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 en die Afrikanasiesbeker 1996 is hier ook wedstryde aangebied.
'n Pawiljoen van die Vrystaatstadion
Die Vrystaatstadion is/was die tuisveld van die volgende spanne:
’n Nuwe hoofpawiljoen is aan die westekant van die stadion teen nagenoeg R40,8 miljoen gebou. In 1985 het omvangryke verbeteringe aan die pawiljoen sowat R3,84 miljoen beloop. Die spreiligte is tot 1 500 lux (ligeenheid) verbeter en die stadion is ook toegerus met ’n noodkragopwekker.
Wedstryde
Rugbywêreldbeker 1995
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Rugbywêreldbeker 1995 .
Afrikanasiesbeker 1996
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
Afrikanasiesbeker 1996 .
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009 .
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 .
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels