Zebre
Zebre is ’n Italiaanse rugbyspan wat sedert 2012-’13 in die Guiness Pro14 en Heinekenbeker meeding.[1] Hulle basis is Parma (Emilia-Romagna), word bestuur deur die Italiaanse Rugbyfederasie (FIR) en het Aironi in die Pro12 vervang.[2][3][4][5][6] Zebre, ook bekend as “die XV van die Noordweste ((it) il XV del Nord-Ovest), verteenwoordig die vier komitees van Emilia-Romagna, Ligurië, Lombardye en Piëmont, asook Noord-Toskane, wat tienduisende lede en verskeie klubs insluit[7] GeskiedenisDie toetrede van Italiaanse spanne in die Keltiese Liga is vir talle jare voorgestel. Na verskeie mislukte pogings was daar hoop dat ’n ooreenkoms bereik kon word voor die aanvang van die 2010-’11-seisoen, met die Skotte wat hul goedkeuring teruggehou het tot veranderinge aan die bestuurstruktuur van die Keltiese Liga aangebring is. In Februarie 2010 is aangekondig dat die beplande uitbreiding van die Keltiese Liga voorlopig uitgestel is. ’n Rede hiervoor was die aandrang van bestaande lede dat die Italiaanse spanne na drie jaar die deur gewys sou kon word. Die finansiële las wat op die Italianers geleun het, kon ook nie afgeskud word nie. Die bestaande spanne het aangevoer dat die finansies belangrik was omdat hulle groter spanne en addisionele reiskoste sou moes dra.[8] In Maart 2010 is ’n ooreenkoms bereik wat Italiaanse spanne sou toelaat vir die 2010-’11-seisoen van die Keltiese Liga.[9] Beloftes van deelname aan die jaarlikse Heinekenbeker, wat voorheen aan die twee beste spanne van die Nasionale Kampioenskap van Uitnemendheid, is ook gemaak. Sedert hul insluiting by die Sesnasies-toernooi in 2000 kon Italië nie veel vermag nie. Die rede wat hiervoor aangevoer is, is dat die plaaslike toernooi nie kompeterend genoeg vir hul spelers is nie, of dat hulle gedwing is om in die buiteland te speel. Die feit dat 42 uit die 44 spelers van die Ierse en Walliese spanne wat in die beslissende wedstryd van die 2009-toernooi gespeel het, in die Keltiese Liga gespeel het, het hierdie gedagte ondersteun.[10] Na ’n aanvanklike aansoek in 2010 is voorgestel dat Aironi en nog ’n nuwe span, Praetorians Roma, sou aansluit,[11] maar Benetton Rugby Treviso is in plaas daarvan genomineer. Benetton Treviso en Duchi Nord-Ovest kon nie ooreenkom om een klub te stig om die Veneto-streek te verteenwoordig nie, en het die bodproses verloor ten spyte daarvan dat die streek die tradisionele tuiste van Italiaanse Rugby is.[12] Praetorians Roma het egter nie daarin geslaag om die keurders van hul finansiële bekwaamheid te oortuig nie, en Benetton Treviso is in hul plek genomineer.[13] Aironi het swaar gekry in hul eerste seisoen; ’n verrassende oorwinning oor Biarritz was die enigste hoogtepunt van ’n veldtog waarin hulle slegs een sege kon behaal. Aan die einde van ’n tweede sukkelseisoen het Aironi geswig onder finansiële troebelte van die veld af. Hul lisensie om in die Europese Beker en Pro12 deel te neem, is deur die Italiaanse Rugbyfederasie herroep.[2] Die Federasie het besluit teen die oorname van die lisensie deur ’n ander plaaslike Italiaanse klub, en het gekies om self beheer daaroor te behou deur die skep van ’n nuwe konsessie.[14] In Junie 2012 is aangekondig dat die nuwe konsessie Zebre sou heet en dat hulle in Parma gesetel sou wees.[15] Zebre het nie ’n suksesvolle eerste seisoen in 2012-’13 gehad nie en het al hul wedstryde verloor in die Pro12 én die Heinekenbeker. Hoewel hulle in die volgende seisoen weer laaste geëindig het, het hulle verbeter met ’n eerste oorwinning teen Cardiff Blues op die Arms Park[16] in ’n seisoen waatin hulle vyf wedstryde gewen het, teen Ospreys, Edinburgh, weer teen die Cardiff Blues en Treviso. Hul 2014-’15-seisoen was effens slegter met slegs drie oorwinnings en ’n laaste plek op die punteleër vir die derde opeenvolgende seisoen. In 2015-’16 het hulle weer vyf oorwinnings behaal en het hierdie seisoen nie laaste geëindig nie. Daarna, in 2016-’17, het hulle weer laaste geëindig. SeisoenbepalingsKeltiese Liga/Pro12/Pro14
Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker
Europese Rugbyuitdaagbeker
Huidige spanZebre se span vir die 2017-’18-seisoen:[17]
Eksterne skakel
Verwysings
Information related to Zebre |