Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Die Andromeda-sterrestelsel (M31) het, nes die Melkweg, satelliet-sterrestelsels. Daar is tussen 14 en 19 satellietstelsels: Die helderste en grootste een is Messier 32, wat met ’n kleinerige teleskoop gesien kan word. Die tweede helderste en naaste een is Messier 110. Die ander stelsels is dowwer en die meeste is vanaf die 1970's ontdek.
Op 11 Januarie 2006 is aangekondig Andromeda se dowwe satellietstelsels lê op, of byna op, ’n enkele vlak wat deur Andromeda se middel loop. Hierdie onverwagte verspreiding word nog nie verstaan nie. Die vlak van die satelliete wys na ’n nabygeleë groep sterrestelsels, die M81-groep, en hou moontlik verband met die grootskaalse verspreiding van donker materie.
Tabel van bekende satelliete
Andromeda se satelliete word hier gelys volgens die datum van hul ontdekking (die wentelafstand is nie bekend nie).
Nuwe beelde van Nasa se Spitzer-ruimteteleskoop het lig gewerp op Andromeda se gewelddadige verlede. Dit wys een van Andromeda se satellietstelsels, Messier 32, het ’n paar miljoen jaar gelede deur een van Andromeda se spiraalarms gebars. Infrarooi-beelde van Andromeda se twee spiraalarms wys hulle en die prominente stervormingsring is aparte strukture. Die beelde wys ook ’n gat waar die ringe oënskynlik in boë verdeel. Sterrekundiges glo M32 het by hierdie gat deur Andromeda se galaktiese skyf gebars.