Lys van beskermde gebiede van BhoetanDie beskermde gebiede van Bhoetan is in pers en die biologiese korridors in groen. (bron)
Die beskermde gebiede van Bhoetan is sy nasionale parke en wild- en natuurreservate. Die meeste hiervan is in die 1960's aangewys en het oorspronklik die grootste deel van die noorde en suide van Bhoetan bedek. Vandag beslaan die beskermde gebiede meer as 42% van die land, meestal in die noordelike streke. Beskermde gebiede lê ook aan die grootste deel van Bhoetan se internasionale grense met China en Indië. Agtergrond![]() Die regeringsliggaam wat toesig oor die parke hou, is die bosboudienste-afdeling van die departement van landbou.[2] Sedert 1992 word die beskermde gebiede bestuur deur die Bhutan-trustfonds vir die Bewaring van die Omgewing. In 1993 het die trustfonds sy uitgebreide parkestelsel hersien en verklein om dit beter te kan bestuur. In 2008 is die beskermde gebiede weer aansienlik uitgebrei vanweë die stigting van die Nasionale Park Wangchuck Centennial van 4 914 km2 in Noord-Bhoetan. Die fonds behartig nou ’n beskermde gebied van altesaam 16 396,43 km2 -- byna die grootte van eSwatini en meer as 42 persent van Bhoetan se oppervlakte van 38 394 km2. Die parke word almal verbind – óf regstreeks óf deur "biologiese korridors". Met die uitsondering van die reservate Phibsoo en Torsa kom dié beskermde gebiede binne bewoonde gebiede voor.[1][3] Dit het daartoe gelei dat wedersydse inbreuk op habitats gemaak word. Die Laterale Pad, Bhoetan se hoofsnelweg, loop deur die Nasionale Park Phrumsengla in die middel van die land. Beskermde diere kom in woongebiede, vertrap gewasse en maak vee dood. Die regering het ’n versekeringskema ingestel, begin om sonaangedrewe alarmheinings, wagtorings en soekligte op te stel en voergebiede buite menslike nedersettings aan te lê om diere uit die nedersettings weg te hou.[4] Lys van beskermde gebiedeHier onder is ’n lys van die 10 beskermde gebiede in Bhoetan wat deur die trustfonds bestuur word:[1]
Daarbenewens bestuur die regering die volgende beskermde gebied:
Sien ookVerwysings
Eksterne skakels
Information related to Lys van beskermde gebiede van Bhoetan |