Die T20I-wêreldbeker 2014 (Engels: 2014 ICC Men's T20 World Cup) is van 16 Maart tot 6 April 2014 in Bangladesj beslis. Dit was die vyfde T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is dié toernooi Wêreldtwintig20 2014 (2014 ICC World Twenty20) genoem, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend.[3] Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Ná die T20I-wêreldbeker 2012 in Sri Lanka was dit die tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land.
Die T20I-wêreldbeker 2014 was die eerste toernooi met 16 deelnemende nasionale krieketspanne, teenoor die twaalf van die eerste vier T20I-wêreldbekertoernooie. Die 16 deelnemende nasionale krieketspanne was: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering (Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate). Tydens die T20I-wêreldbeker 2014 is 35 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 20 in die Super Tien en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 8 Oktober 2012 het aan die Super Tien deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die Super Tien gekwalifiseer. In die Super Tien is die spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.
Indië, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Suid-Afrika en Sri Lanka het die verdedigende wêreldkampioen Wes-Indië geklop, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne Indië en Sri Lanka mekaar in die eindstryd ontmoet het. Sri Lanka het Indië in die eindstryd op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka met ses paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1996 en die gedeelde titel met Indië tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Sri Lanka se derde internasionale kriekettitel. Die gasheer Bangladesj is in die Super Tien uitgeskakel.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Bangladesj in 2010 as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2014 aangewys.[4] Ná die Kampioenetrofee 1998 was dit die tweede kriekettoernooi wat geheel en al in Bangladesj aangebied is.
Deelnemers
Op 16 April 2012 het die IKR se uitvoerende raad besluit dat vanaf 2014 16 pleks van 12 spanne aan die T20I-wêreldbeker sal kan deelneem. Vervolgens kon naas die destydse tien toetslande ses assosiaatlede aan die T20I-wêreldbeker 2014 deelneem.[5] Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj (gasheer), Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2014 gekwalifiseer. Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Hongkong, Nepal en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem. Die agt beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 8 Oktober 2012 het regstreeks tot die Super Tien gevorder, terwyl die oorblywende agt spanne aan die eerste rondte deelgeneem het.[6]
Tydens die toernooi is drie Bengaalse stadions gebruik. Altesaam 35 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2014 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Die T20I-wêreldbeker 2014 is oor 22 dae tussen 16 verskillende spanne oor 35 wedstryde beslis. Dit het op 16 Maart 2014 op Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka met die openingswedstryd tussen die gasheer Bangladesj en Afghanistan begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 6 April met die eindstryd tussen Indië en Sri Lanka, waartydens Sri Lanka die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2014 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Tien, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Eerste rondte Maart
So 16
Ma 17
Di 18
Wo 19
Do 20
Vr 21
Groep A
2
2
2
Groep B
2
2
2
Super Tien Maart/April
Vr 21
Sa 22
So 23
Ma 24
Di 25
Wo 26
Do 27
Vr 28
Sa 29
So 30
Ma 31
Di 1
Groep 1
2
2
2
2
2
Groep 2
1
2
1
2
2
2
Uitklopfase April
Wo 2
Do 3
Vr 4
Sa 5
So 6
Uitklopfase
1
1
1
Verklaring
Eerste rondte
Super Tien
Uitklopfase
Eindstryd
Eerste rondte en Super Tien
Die T20I-wêreldbeker 2014 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 8 Oktober 2012 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die beste span van albei groepe het na die Super Tien deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Tien is deur tien spanne in twee groepe van vyf spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vier wedstryde in die Super Tien gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Tien-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 14 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[7]
Dit is Afghanistan se destyds laagste T20I-telling – later oortref teen Suid-Afrika tydens die 2024-toernooi.[8]
Dit is ook die laagste T20I-wêreldbekertelling ooit van enige span teen Bangladesj.[8][9][10]
Bangladesj se oorwinning met nege paaltjies en 48 oorblywende aflewerings is hulle grootste T20I-oorwinning volgens beide “met paaltjies” en “met aflewerings”.[11]
Afghanistan se nederlaag met nege paaltjies en 48 oorblywende aflewerings is hulle ergste T20I-nederlaag volgens beide “met paaltjies” en “met aflewerings”.[8][12]
Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Speel is weens vloedligskade onderbreek en eindelik na reën by 14.2 boulbeurte gedurende Ierland se kolfbeurt afgelas. Hul wentelling was 83 lopies volgens die Duckworth-Lewis-metode.
Nederland teken die destyds grootste telling deur ’n assosiaatlid tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan – later oortref deur die Verenigde State teen Kanada tydens die 2024-toernooi.[21]
Stephan Myburgh teken die destyds vinnigste T20I-vyftigtal vir Nederland aan (in 17 aflewerings).[19][22]
Om die Super Tien te haal moes Nederland binne-in 14.2 boulbeurte of minder wen.
Nederland vorder hiermee tot die Super Tien.
Ierland en Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
Super Tien
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.
Tien spanne het aan die Super Tien deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Speel is weens reën by 5.2 boulbeurte gedurende Nieu-Seeland se kolfbeurt afgelas. Hul wentelling was 44 lopies volgens die Duckworth-Lewis-metode.
Die Engelse kapteinStuart Broad word met 15% van sy wedstrydgeld beboet nadat hy die skeidsregters se besluit om tydens ’n donderstorm te speel kritiseer.[23]
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Die Suid-Afrikaanse kaptein Faf du Plessis word weens ’n stadige oorskotkoers met 40% van sy wedstrydgeld beboet en die ander Suid-Afrikaanse spelers met 20%.[24]
Nederland teken met 39 almal uit die destyds laagste T20I-telling aan – later geëwenaar deur Uganda teen Wes-Indië tydens die 2024-toernooi.[8]
Dit is die destyds hoogste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal oorblywende aflewerings – later oortref deur Engeland teen Oman tydens die 2024-toernooi.[16]
Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Ahsan Malik word die vierde bouler en eerste Nederlander wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[26] Hy behaal ook die beste T20I-boulsyfers deur ’n geassosieerde bouler teen ’n toetsland.[27]
Die Suid-Afrikaanse kaptein Faf du Plessis word weens ’n stadige oorskotkoers met 20% van sy wedstrydgeld beboet en uit die volgende wedstryd geskors.
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Alex Hales word die vyfde kolwer en eerste Engelsman wat ’n T20I-wêreldbekerhonderdtal aanteken.[28] Hy teken ook die hoogste T20I-telling deur ’n Engelse kolwer aan.[29]
Die Sri Lankaanse kaptein Dinesh Chandimal word weens ’n stadige oorskotkoers met 20% van sy wedstrydgeld beboet en uit die volgende wedstryd geskors.[30]
Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Rangana Herath word die vyfde bouler en derde Sri Lankaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[26][34] Hy behaal ook die destyds beste T20I-boulsyfers.[35]
Kane Williamson se bydrae van 42 lopies tot Nieu-Seeland se telling van 60 is met 70% die hoogste individuele T20I-bydra.[36]
Nieu-Seeland teken die destyds laagste telling deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan en oortref daarmee Engeland se vorige rekord teen Indië tydens die 2012-toernooi – later oortref deur Wes-Indië teen Engeland tydens die 2021-toernooi.[8]
Dit is slegs die tweede keer wat albei spanne tydens dieselfde T20I-wêreldbekerwedstryd uitgeboul word, ná Australië teen Pakistan tydens die 2010-toernooi.[37]
Sri Lanka verdedig met 119 lopies die gesamentlik laagste T20I-wêreldbekertelling suksesvol, later geëwenaar deur Indië teen Pakistan en oortref deur Suid-Afrika teen Bangladesj tydens die 2024-toernooi.[38][39]
Dit is Nieu-Seeland se destyds ergste nederlaag wanneer hulle tweede gekolf het – later oortref teen Afghanistan tydens die 2024-toernooi.[16]
Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.
Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Brad Hogg (Aus) word op 43 jaar en 53 dae die destyds oudste speler wat in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd verskyn – later oortref deur Ryan Campbell (HK) op 44 jaar en 34 dae tydens die 2016-toernooi.[40]
Glenn Maxwell teken die destyds vinnigste T20I-vyftigtal vir Australië aan (in 18 aflewerings).[19][41]
Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Wes-Indië teken 82 lopies binne-in die laaste vyf boulbeurte aan.
Dit is Wes-Indië se destyds grootste T20I-wêreldbekeroorwinning volgens aantal lopies en oortref hul vorige rekord teen Australië tydens die 2012-toernooi – later oortref teen Uganda tydens die 2024-toernooi.[16]
Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
Uitklopfase
Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka ontmoet het.
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Speel is weens reën en hael by 13.5 boulbeurte gedurende Wes-Indië se kolfbeurt afgelas. Hul wentelling was 107 lopies volgens die Duckworth-Lewis-metode.
Dit is Wes-Indië se tweede agtereenvolgende T20I-wêreldbekerhalfeindstryd.
Sri Lanka haal vir die derde keer ná 2009 en 2012 die T20I-wêreldbekereindstryd.