Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Die T20I-wêreldbeker 2026 (Engels: 2026 ICC Men's T20 World Cup) sal in Februarie en Maart 2026 in Indië en Sri Lanka beslis word.[1] Dit sal die tiende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die tweede in beide Indië en Sri Lanka. Die medegasheer Indië is ook die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2024 gewen het.[2]
Die toernooi se formaat van 2024 bly onveranderd en 20 krieketspanne sal aan die T20I-wêreldbeker 2026 deelneem: Die twee gashere (Indië en Sri Lanka), die sewe beste spanne van die vorige toernooi (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Suid-Afrika, die Verenigde State en Wes-Indië), saam met die drie naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 30 Junie 2024 (Ierland, Nieu-Seeland en Pakistan) en die wenners van die kontinentale kwalifiseringstoernooie. Tydens die T20I-wêreldbeker 2026 sal 55 wedstryde gespeel word, waaronder 40 tydens die eerste rondte, twaalf in die Super Agt, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne word in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep kwalifiseer hierna vir die Super Agt, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd bestaan uit 20 boulbeurte per span. Die agt beste spanne van die T20I-wêreldbeker 2026 sal saam met die twee gashere van die 2028-toernooi regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2028 in Australië en Nieu-Seeland kwalifiseer.
Toewysing
Die T20I-wêreldbeker 2026 is deur die Internasionale Krieketraad in November 2021 aan Indië en Sri Lanka toegewys.[3] Sri Lanka het voorheen die 2012-toernooi gehuisves, terwyl Indië die 2016-toernooi aangebied het.[4] Dit sal egter die eerste keer wees wat albei lande as medegashere van ’n T20I-wêreldbekertoernooi optree.[5] Oorspronklik wou Sri Lanka die T20I-wêreldbeker 2026 op sy eie aanbied, maar weens die gebrek aan geskikte stadions het die Internasionale Krieketraad die toernooi aan beide Indië en Sri Lanka toegewys.[6]
Op 19 Desember 2024, ná ’n ooreenkoms tussen die Raad vir Beheer van Krieket in Indië en die Pakistanse Krieketraad het die Internasionale Krieketraad ’n hersiening uitgereik oor die toernooie wat deur Indië en Pakistan aangebied sal word, waarvolgens albei nasionale spanne se wedstryde in mekaar se lande tussen 2024 en 2027 op neutrale plekke gehuisves sal word. Vervolgens sal Pakistan sy wedstryde tydens die T20I-wêreldbeker 2026 in Sri Lanka speel.[7]
Deelnemers
Aan die T20I-wêreldbeker 2026 sal 20 spanne kan deelneem.[8] Die twee gashere Indië en Sri Lanka, die sewe beste spanne van die vorige T20I-wêreldbeker 2024 (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Suid-Afrika, die Verenigde State en Wes-Indië) en die drie naasbeste spanne op die T20I-ranglys soos op 30 Junie 2024 (Ierland, Nieu-Seeland en Pakistan) het regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2026 gekwalifiseer. Die oorblywende agt plekke sal tydens plaaslike kwalifiseringstoernooie bespreek word, met aanvanklik twee spanne elk uit Afrika, Asië en Europa, saam met een span elk uit die Amerikas en die Oos-Asië-Oseanië-streek.[9] Op 22 Julie 2024 het die Internasionale Krieketraad egter aangekondig dat die Asiatiese en Oos-Asië-Oseanië-plekke saamgevoeg en een gesamentlike kwalifisering om drie plekke beslis sal word.[10]
Kwalifiserende spanne
Die volgende twaalf spanne het reeds vir die T20I-wêreldbeker 2026 gekwalifiseer. Later sal nog agt spanne aansluit.
Die T20I-wêreldbeker 2026 sal deur 20 nasionale krieketspanne uitgespeel word. Die spanne sal in vier groepe van vyf spanne elk verdeel word. Elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span vier wedstryde in die eerste rondte speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van elke groep dring na die Super Agt deur.[11]
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), sal die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis word. Dit sal van toepassing wees in alle fases van die toernooi.
Die Super Agt sal deur agt spanne in twee groepe van vier spanne elk uitgespeel word, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep sal speel, dus sal elke span drie wedstryde in die Super Agt speel. Die kwalifisering sal gegrond wees op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd.[12] Die wenner en naaswenner van elk van die Super Agt-groepe sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal word.
2026-effek op 2028-kwalifisering
Die agt beste spanne van die 2026-toernooi (saam met die 2028-gashere Australië en Nieu-Seeland) sal regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2028 kwalifiseer.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die Super Agt.
Uit die toernooi geskakel.
Die wedstryde word in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Agt en die uitklopfase.
Eerste rondte
20 spanne sal aan die eerste rondte deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die Super Agt deurdring.
Groep A
Span
Wed
Wen
Ver
Onb
LT
Pte
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
Groep B
Span
Wed
Wen
Ver
Onb
LT
Pte
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
Groep C
Span
Wed
Wen
Ver
Onb
LT
Pte
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
Groep D
Span
Wed
Wen
Ver
Onb
LT
Pte
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
n.v.t.
0
0
0
0
—
0
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
2026
t
Super Agt
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.
Agt spanne sal aan die Super Agt deelneem. Die twee beste spanne in elke groep sal na die uitklopfase deurdring.