Die T20I-wêreldbeker 2021 (Engels: 2021 ICC Men's T20 World Cup) is van 17 Oktober tot 14 November 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die sewende T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit was die eerste toernooi wat amptelik T20I-wêreldbeker genoem is, met al die vorige toernooie waarna as Wêreldtwintig20 verwys is.[3] Dié toernooi sou oorspronklik van 18 Oktober tot en met 15 November 2020 in Australië aangebied word,[4] maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit na 2021 uitgestel[5] met Indië as die nuwe gasheer, terwyl die volgende T20I-wêreldbeker 2022 aan Australië toegewys is.[6] As gevolg van die pandemiesituasie in Indië is die 2021-toernooi in Junie 2021 na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, met 17 Oktober tot 14 November as die nuwe datums.[7] Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka, die 2014-toernooi in Bangladesj en die 2016-toernooi in Indië was dit die vierde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi wat deur Asiatiese lande gehou is. Die T20I-wêreldbeker 2021 het vyf en ’n half jaar ná die vorige T20I-wêreldbeker 2016 plaasgevind, die destyds langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie.
16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem: Die nege beste toetskrieketlande (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaaste spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die spanne wat na die Super Twaalf deurgedring het, het ook regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2022 in Australië gekwalifiseer.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan en Nieu-Seeland het Engeland geklop, waardeur twee spanne mekaar in die T20I-wêreldbekereindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie.[8] Daarbenewens het vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis dié twee Oseaniese spanne – en twee van die Suidelike Halfrond – mekaar in die eindstryd ontmoet. Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015 asook tydens die Kampioenetrofeë in 2006 en 2009 was dit Australië se agtste internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel. Die medegasheer Oman is reeds in die eerste rondte uitgeskakel, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate nie vir dié toernooi gekwalifiseer het nie. Namibië het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem – ná die Krieketwêreldbeker 2003 hul tweede deelname aan ’n vername IKR-toernooi – en die tweede rondte gehaal, waar hulle ná een oorwinning en vier nederlae uitgeskakel is.
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2021 aangewys, maar die toernooi is later aan Oman en die Verenigde Arabiese Emirate oorhandig. Indië het egter steeds as nominale gasheer aangebly. Dit was die eerste internasionale kriekettoernooi wat in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied is, asook die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur assosiaatlede van die IKR gehuisves is.[9]
Deelnemers
Kwalifisering
Die nege beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het saam met die gasheer Indië regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer. Van dié tien spanne is die beste agt spanne in die Super Twaalf geplaas.[10][11] Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer: Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië (gasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as beste volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer.[12] Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Namibië en Papoea-Nieu-Guinee het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem. Vir Papoea-Nieu-Guinee was dit die eerste deelname ooit aan ’n vername IKR-toernooi,[13][14] terwyl Namibië voorheen aan die Krieketwêreldbeker 2003 deelgeneem het. Nadat Zimbabwe weens politieke inmenging deur die Internasionale Krieketraad geskors is, het hulle nie in aanmerking vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2021 gekom nie.[15]
In Augustus 2021 is kommer uitgespreek oor die Afghaanse span se deelname aan die T20I-wêreldbeker 2021 weens die Taliban se magsoorname in dié land.[16] Die Afghaanse span se mediabestuurder, Hikmat Hassan, het bevestig dat Afghanistan ondanks die politieke omswaai in dié land wel aan die toernooi sou kon deelneem.[17] Op 6 Oktober 2021 het die Afghaanse span Kaboel verlaat om in Doha, Katar, aan ’n oefenkamp voor die toernooi deel te neem.[18] Die Afghaanse span het wel aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem en voortgegaan om die ou vlag van Afghanistan te gebruik, truie in die driekleurige vlag van die Islamitiese Republiek Afghanistan se kleure swart-rooi-groen te dra en voor elke wedstryd is die ou volksliedMilli Tharana gesing.[19]
Tydens die toernooi is drie Emiratiese stadions en een in Oman gebruik. Altesaam 45 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2021 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Tydens die toernooi is die kapasiteit op 70% beperk.[20]
Die T20I-wêreldbeker 2021 is oor 29 dae tussen 16 verskillende spanne oor 45 wedstryde beslis. Dit het op 17 Oktober 2021 op Omaanse Krieketakademieveld in Maskat, Oman, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Oman en Papoea-Nieu-Guinee begin. Die toernooi het geëindig op Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, op 14 November met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2021 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Eerste rondte Oktober
So 17
Ma 18
Di 19
Wo 20
Do 21
Vr 22
Groep A
2
2
2
Groep B
2
2
2
Super Twaalf Oktober/November
Sa 23
So 24
Ma 25
Di 26
Wo 27
Do 28
Vr 29
Sa 30
So 31
Ma 1
Di 2
Wo 3
Do 4
Vr 5
Sa 6
So 7
Ma 8
Groep 1
2
1
1
1
1
1
2
1
1
2
2
Groep 2
1
1
1
1
1
2
1
2
2
2
1
Uitklopfase November
Di 9
Wo 10
Do 11
Vr 12
Sa 13
So 14
Uitklopfase
1
1
1
Verklaring
Eerste rondte
Super Twaalf
Uitklopfase
Eindstryd
Eerste rondte en Super Twaalf
Die T20I-wêreldbeker 2021 is deur 16 nasionale krieketspanne beslis. Die ses kwalifiserende spanne en die twee laagste toetslande op die Twintig20-wêreldranglys soos op 31 Desember 2018 is geplaas in die eerste rondte wat uit twee groepe van vier spanne elk bestaan het. Elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die eerste rondte gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die Super Twaalf deurgedring.
In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi.
Die Super Twaalf is deur twaalf spanne in twee groepe van ses spanne elk beslis, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel het, dus het elke span vyf wedstryde in die Super Twaalf gespeel. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die eerste rondte.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die Super Twaalf-groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wenner deur ’n Superboulbeurt bepaal.
2021-effek op 2022-kwalifisering
Die elf beste spanne van die 2021-toernooi (saam met die 2022-gasheer Australië) het regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2022 gekwalifiseer. Hulle was Afghanistan, Bangladesj, Engeland, Indië, Namibië, Nieu-Seeland, Pakistan, Skotland, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië.[21]
Skeidsregters en wedstrydbeamptes
’n Paneel van 16 skeidsregters en vier wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.[22]
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2022 mis.
Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die eerste rondte, die Super Twaalf en die uitklopfase. Die groepe is op 16 Julie 2021 bekend gemaak. Bangladesj en Sri Lanka moes as swakste geplaaste kwalifiseerders op die wêreldranglys in die eerste rondte begin.[23]
Eerste rondte
Agt spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die Super Twaalf deurgedring en regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer.
Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Nederland is binne-in tien boulbeurte uitgeboul wat dit die kortste beurt in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd maak waartydens al die kolwers van dieselfde span uitgeboul is.[36][37]
Vyf Nederlandse kolwers is been-voor-paaltjie betrap, die destyds meeste in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd[36] – later oortref deur Oman teen Namibië tydens die 2024-toernooi.
Colin Ackermann (Ned) se elf lopies is die destyds swakste hoogste individuelle telling in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd[36] – later oortref deur Azmatullah Omarzai (Afg) teen Suid-Afrika tydens die 2024-toernooi.[38]
Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Dit is Bangladesj se grootste T20I-oorwinning ooit volgens aantal lopies.[40]
Dit is ook hul grootste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit volgens aantal lopies en oortref hul oorwinning met 54 lopies teen Oman tydens die 2016-toernooi.[41]
Bangladesj vorder hiermee tot die Super Twaalf.[42]
Papoea-Nieu-Guinee is hiermee uit die toernooi geskakel.[43]
Skotland haal vir die eerste keer die tweede rondte van ’n IKR-toernooi.[44]
Super Twaalf
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.
Twaalf spanne het aan die Super Twaalf deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die sewe hoogste geplaaste spanne op die wêreldranglys soos op 31 Desember 2018 – Afghanistan, Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Suid-Afrika en Indië het regstreeks vir die Super Twaalf gekwalifiseer.[46]
Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Adil Rashid behaal die beste T20I-boulsyfer ooit deur ’n Engelse bouler.[47][48]
Adil Rashid boul die destyds mees ekonomiese spel in T20I-krieket.[47]
Wes-Indië teken die laagste telling ooit deur ’n toetsland in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd aan en oortref Nieu-Seeland se vorige rekord teen Sri Lanka tydens die 2014-toernooi.[27][47][49]
Dit is ook die destyds laagste T20I-wêreldbekertelling van enige span teen Engeland – later oortref deur Oman tydens die 2024-toernooi.[27]
Dit is die eerste keer wat Wes-Indië minder as 100 lopies in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd kon aanteken.[47][27]
Dit is ook die eerste keer dat Engeland die teiken in minder as tien T20I-boulbeurte kon haal.[47][50]
Dit is Wes-Indië se eerste T20I-wêreldbekernederlaag ooit teen Engeland.[47]
Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Adam Zampa word die negende bouler en tweede Australiër wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[58][59]
Bangladesj teken die destyds laagste T20I-telling van enige span teen Australië aan – later oortref deur Namibië tydens die 2024-toernooi.[27]
Australië haal die wenteiken binne-in 6.2 boulbeurte, die destyds hoogste oorwinning volgens aantal oorblywende balle in ’n T20I-wedstryd tussen twee volle lede.[60][61]
Kagiso Rabada word die vierde bouler en eerste Suid-Afrikaner wat ’n driekuns in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem, toe hy Chris Woakes, Eoin Morgan en Chris Jordan (almal Eng) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.[24][68]
Om die halfeindrondte te haal moes Suid-Afrika Engeland op 131 lopies of minder beperk.[69]
Engeland en Australië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[70]
Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.[71]
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Dit is die 200ste internasionale krieketwedstryd tussen Indië en Pakistan.[72]
Mohammad Rizwan en Babar Azam teken 152 lopies om die eerste paaltjie aan, die destyds naashoogste paaltjievennootskap tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd.[73]
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Mujeeb Ur Rahman word die agtste bouler en eerste Afghaan wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd neem.[58][76]
Mujeeb Ur Rahman word ook die eerste bouler wat ’n vyf-paaltjie-oes op sy T20I-wêreldbekerdebuut neem.[77]
Dit is Afghanistan se grootste T20I-wêreldbekeroorwinning ooit volgens aantal lopies[78] en oortref hul vorige oorwinning met 59 lopies oor Zimbabwe tydens die 2016-toernooi.[41]
Pakistan wen met vyf paaltjies Sharjah-krieketstadion, Sharjah Skeidsregters: Michael Gough (Eng) en Richard Kettleborough (Eng) Speler van die wedstryd: Haris Rauf (Pak)
Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Rohit Sharma en KL Rahul (albei Ind) teken 140 lopies om die eerste paaltjie aan, die hoogste Indiese paaltjievennootskap tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd ooit en oortref die vorige rekord tydens die 2007-toernooi.[73][89]
Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Virat Kohli voer Indië in die vyftigste T20I-wedstryd aan.[95]
Dit is Virat Kohli se laaste T20I-wedstryd as Indiese kaptein.[96]
Uitklopfase
Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai ontmoet het.
Mitchell Marsh (Aus) teken die destyds vinnigste vyftigtal in ’n T20I-wêreldbekereindstryd aan (in 31 aflewerings)[100] – later oortref deur Heinrich Klaasen (RSA) tydens die 2024-eindstryd.[91][101]
Australië teken die destyds hoogste telling in ’n T20I-wêreldbekereindstryd aan[100] – later oortref deur Indië teen Suid-Afrika tydens die 2024-eindstryd.[101]