Pous Anastasius II
Anastasius II was die 50ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Anastasius II was 'n Romein, die seun van 'n ouderling met die naam Petrus. Op 24 November 496 volg hy Pous Gelasius I op en regeer tot sy dood op 19 November 498. Hy word opgevolg deur Pous Simmachus. Die naam ‘Anastasius ’ beteken 'die heropgestane'. PontifikaatPous Anastasius II het die swaar taak gehad om die kerkskeuring van Acacius van Konstantinopel op te los. Die skeuring het ontstaan deurdat Acacius en Pous Felix III 'n fundamenteel meningsverskil gehad het oor die monofisiete. Die pous was versoenend ten opsigte van die monofisiete en het hom die gramskap van die skrywer van die Liber Pontificalis op die hals gehaal. Dante het die pous in sy boek La Divina Comedia in die hel geplaas. VereringPous Anastasius II is nie heilig verklaar nie. Verwysings
Eksterne skakels
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia. Opvolging
|