Pous Anterus
Anterus (ook Anteros of Anterius) was die negentiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Anterus was van Griekse afkoms. Op 21 November 235 volg hy Pous Pontianus op nadat hy (Pontianus) uit Rome verban is en word in 236 opgevolg deur Pous Fabianus. Hy is oorlede tydens die Christenvervolgings van keiser Maximus. Die naam Anterus is 'n Latynse vorm van die naam van die Griekse god Anteros die god van die versmade liefde. PontifikaatPous Anterus is op 21 November 235 verkies na 'n vakature van sewe en tagtig dae. Sy pontifikaat tot 3 Januarie 236 was net 43 dae lank en hy was heeltyd in die gevangenis. Hy het gesorg dat die aktes van al die martelare versamel is. Hy is een van die eerste pouse wat in die kript van die Callixtus katakombe begrawe is. Sy graf is in 1854 herontdek. VereringWeens sy martelaarskap is hy heilig verklaar. Die Rooms-Katolieke Kerk vier sy feesdag op 3 Januarie en die Oosters-Ortodokse Kerk vier dit op 5 Augustus. Verwysings
Eksterne skakels
NotaSaamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s. Opvolging
|