Pous Pelagius II
Pelagius II was die 63ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Pelagius II is gebore in Rome, die seun van 'n Goot met die naam Winigild. Op 26 November 579 volg hy Pous Benedictus I op en regeer tot sy dood op 7 Februarie 590. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius I. Die naam ‘Pelagius’ beteken 'van die see' in Grieks. PontifikaatPous Pelagius II het vergeefs probeer om die kerkskeuring, wat ontstaan het as gevolg van die besluite van die konsilie van Chalcedon, te oorbrug. Veral die Lombarde het hom teengewerk. Die pous stuur toe 'n gesant na keiser Mauricius I in Bisantium, maar dit het nie gehelp nie. Hy vra toe hulp by die Franke, maar hulle het Italië verlaat nadat hulle omgekoop is deur die Lombarde. Op teologies gebied het hy die reëls omtrent die selibaat verskerp, wat egter deur sy opvolger Pous Gregorius I weer verslap is. Hy laat die basiliek van San Lorenzofuori le Mura bou op die plek waar die heilige Laurentius gemartel is. Pous Pelagius is dood in 590 aan die builepes wat sedert 589 in Rome gewoed het. Verwysings
Eksterne skakels
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia. Opvolging
|