Pous Sabinianus
Sabinianus was die 65ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Sabinianus is gebore in Blera (nou Bieda) by Viterbo, Italië, die seun van Bonus. Op 13 September 604 volg hy Pous Gregorius I op nadat keiser Phokas sy aanstelling goedgekeur het en regeer tot sy dood op 22 Februarie 606. Hy word opgevolg deur Pous Bonifatius III. Die naam ‘Sabinianus’ verwys na die Sabyne 'n stam wat noord-oos van Rome gewoon het'. PontifikaatHy werk onder sy voorganger Pous Gregorius I en is vanaf 593 pouslike gesant in Konstantinopel. Hy het die standpunt van die kerk nie sterk uitgedra nie en nie kragdadig opgetree nie. Hy keer terug na Rome in 595. Hy word sendeling in Gallië en word stadig bevorder tot hy uiteindelik pous word. Die gebruik om kerkklokke te lui voor die diens, word aan Pous Sabinianus toegeskryf. Tydens 'n hongersnood in Rome het hy graan uit die pouslike voorraad aan die armes verkoop, waar sy voorganger dit gratis gegee het. Hy bemiddel die vrede tussen Smaragdus van Ravenna en koning Agilulf van die Lombarde Verwysings
Eksterne skakels
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia. Opvolging
|