Pous Victor I
Victor I was die veertiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Victor I is waarskynlik in Afrika gebore van Berberafkoms, maar Hieronimus van Stridon beweer dat hy 'n Romein was. Hy word getel as een van die drie pouse uit Afrika. Hy is in Rome oorlede in 197 of 201. In 186 of 189 volg hy Pous Eleuterus op en word na sy dood opgevolg deur Pous Zefirinus. Die naam Victor beteken ‘oorwinnaar’. PontifikaatTydens sy bewind word die biskop van Rome erken as die belangrikste mag in die Rooms-Katolieke Kerk. Hy verander ook die amptelike taal van die kerk van klassieke Grieks na Latyn. Die gebruik van Latyn in die erediens word egter nie algemeen voor die tweede helfte van die 4de eeu nie. Die uniforme viering van Paasfees op die Sondag na die lydensweek is deur hom afgedwing. Hy maak 'n einde aan die gebruik van die Christene in Klein-Asië om Paasfees op 14 Nisan ('n maand in die Joodse kalender) te vier. Pous Pius I was tolerant ten opsigte van die gebruik. Hy staan bekend as intolerant ten opsigte van andersdenkendes en het 'n hele paar biskoppe soos Polikratus van Efese en Theodotus van Bisantium geëkskommunikeer (die sakramente ontsê) ondanks die feit dat die Christene nog volop vervolg is. Die gnostisisme is ook hard aangepak. VereringVictor I word as heilige deur die Rooms-Katolieke Kerk vereer. Sy feesdag is op 28 Julie. Verwysings
Eksterne skakels
NotaSaamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s. Opvolging
|