Pous Deusdedit
Deusdedit (ook Adeodatus I genoem) was die 68ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Deusdedit word ook Pous Adeodatus I genoem en in die geval word Pous Adeodatus aangedui as Pous Adeodatus II. Sy pa was 'n onderdiaken met die naam Stephanus. Op 19 Oktober 615 volg hy Pous Bonifatius IV op en regeer tot sy dood op 8 November 618. Hy word opgevolg deur Pous Bonifatius V. Die naam ‘Deusdedit’ beteken 'deur God gegewe'. Die naam Adeodatus beteken dieselfde. Die name is variante. PontifikaatTydens die pontifikaat van Pous Deusdedit, was daar relatiewe vrede tussen die Lombarde onderling en die gebiede wat hulle verower het. Daar ontstaan egter 'n intoleransie teenoor die Bisantynse Ryk en in Napels het Johannes van Compsa onafhanklikheid van die keiser geëis, maar is gou onderdruk deur keiser Heraclius. Die pous is bekend vir sy goeie werke en meelewe met die volk. Hy het huis- en siekebesoek gedoen. In 616 het die pes (ander bronne gee melaatsheid) uitgebreek en 'n aardbewing het baie huise verwoes. Die pous het van sy rykdom geskenk om die nood te verlig. Volgens oorlewering is hy die eerste pous wat van lood seëls gebruik gemaak het om sy korrespondensie te verseël. Een van die seëls (in Latyn: bullae) van die pous waarin die hy afgebeeld word tussen sy skape met die Alfa en die Omega onderaan, het bewaar gebly. Die "bullae" het aanleiding gegee tot die gebruik van die naam "pouslike bul" vir 'n amptelike kommunikasie van die pous. Daar word vermoed dat die pous aan die pes gesterf het. VereringPous Deusdedit word in die Rooms-Katolieke Kerk as heilige vereer. Sy feesdag is op 8 November. Bibliografie
Eksterne skakels
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia. Opvolging
|